Abstract:
Hierdie artikel fokus op die Suid-Afrikaanse kledingproduksie industrie wat in die laaste dekade aansienlik gekrimp het. Die doel van die ondersoek was om die interaktiewe bydrae van die menslike- en fisiese hulpbronne en die deurvoerprosesse in terme van die werking van 'n geslekteerde Suid Afrikaanse kledingproduksie maatskappy te verken en te beskryf vanuit die werkers se perspektief. 'n Sisteemteorie benadering is gebruik om 'n bespreking van die interaktiewe bydrae van die hulpbronne en deurvoerprossesse van die kledingprduksiesisteem te struktureer. 'n Kledingproduksie maatskappy in die Bronkhorstspruit area, Gauteng, is gekies as die eenheid van analise vir die gevallestudie. 'n Voorafgetoetste, gestruktureerede vraelys is deur 103 werkers (stiksters en uitknippers) ingevul. Beskrywende resultate is verkry, wat bruikbare bewyse verskaf het om die interverwantskappe van die fabriek se hulpbronne te bevestig en dui ook daarop dat die optimalisering van elke hulpbron 'n beteknisvolle bydrae sal maak tot 'n meer effektiewe uitset. Die verwaarlosing van menslike hulpbronne is hoofsaaklik verantwoordelik vir die werkers se onvermoë en magteloosheid om probleme te hanteer. Die kwaliteitsbeheer en fisiesie hulpbronne het ook nie aan die verwagte standaarde van 'n mededingende maatskappy voldoen nie. Spesifieke probleme is in die studie aangespreek en aanbevelings is gemaak om hierdie hindernisse te oorkom.