Stefans Grové se musiek word dikwels as ontoeganklik ervaar, omdat luisteraars op 'n "tradisionele" manier daarna luister. Die werk wat hier gebruik word om 'n alternatiewe manier van verstaan te bevorder, is sy Raka, 'n simfoniese toondig in die vorm van 'n konsert vir klavier en orkes (1996). Waar die komponis groot waarde heg aan programmatiese inhoud en homself as mededeler van verhale beskou, is die ondersoek na musikale narratief in hierdie toondig 'n logiese beginpunt. Die vraag is dus hoe abstrakte konsepte in N.P. Van Wyk Louw se grootse vers-epos, Raka, deur middel van musiek vergestalt kan word. Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat direkte belewing van die musiek self, dit wil sê voordat dit gereduseer word tot teoretiese konstrukte, 'n moontlikheid bied om toegang tot Grové se musiek te verleen. Aangesien kort melodiese motiewe 'n kenmerkende eienskap van sy musiek is, en aangesien die artistieke fatsoenering van melodiese motiewe (as verteenwoordigers van karakters in 'n verhaal) en die wyse waarop dit in die verloop van 'n werk ontplooi word, die narratief op 'n musikale wyse vergestalt, konsentreer die musikale ontleding op melodiese motiewe. Die ontleding van Grové se Raka lewer twee prominente, uiteenlopende motiewe op wat onderskeidelik met die protagonis en die antagonis geassosieer word. Verder toon die ontleding aan dat goed en kwaad nie noodwendig deur twee aparte gestaltes (Koki en Raka) verteenwoordig word nie, maar dat die verstrengeling van die twee motiewe ook daarop dui dat goed en kwaad onskeibaar in die menslike psige is. Waar die meeste van die interpretasies van Louw se Raka verwys na die verwoestende invloed van eksterne magte op die lotgevalle van 'n groep mense, konsentreer hierdie artikel op 'n interpretasie van Raka as die simboliese voorstelling van interne botsende magte in die psige van die mens.
The celebrated South African composer Stefans Grové reached the remarkable age of 90 in 2012. As the first South African recipient of a Fulbright scholarship, he obtained a master's degree at Harvard University and lectured from 1956 to January 1972 at the Bard Liberal Arts College in New York state. In 1972 he returned to South Africa and was appointed as lecturer in the Department of Music at the University of Pretoria, where he later retired as Professor of Composition.
Listeners often find it difficult to appreciate Stefans Grové's music because of the absence of conventional tonal melodies and harmonic progressions, as well as of traditional formal structures. The aim of this article is, accordingly, to show that direct experience of the music - without its being reduced to theoretical constructs - offers a possible solution to the problem of inaccessibility. Grové's Raka - A symphonic poem in the form of a concerto for piano and orchestra (1996) is used in the second, empirical part of the article to demonstrate the potential of melodic motifs to establish a musical narrative. As an introduction to Grové's Raka, the first part of the article deals with the historical background of N.P. Van Wyk Louw's lengthy epic poem on which the composition is based, a work that is often described as one of the greatest achievements in Afrikaans literature.