Abstract:
The years 1898 and 1935 became the most important years in the history of the Sepedi language, because it was in these years that the first poetry books in Sepedi, Difela tše Dikgethoa, Dikopelo tša Badumedi (1898) and Kxomo’a tshwa(1935), a collection of praise poems by D.M. Phala were published. These poetry books are arguably the foundadtion of Sepedi poetry, because since the publication of these poetry books, traditional and modern style poems in Sepedi are no longer only orally narrated/recited, but are also written. Some of the elements of the past are still found in Sepedi poetry, even when people talk about the growth in and writing of Sepedi poems these days. However, Phala`s poems have influenced Sepedi poets to develop new methods for writing their poems. The aim of the research was to explore problems faced with rhyme in Sepedi poetry. The research examined the “plots” of poems, looking at the pattern of the rhyme of the selected poems. The discussion focuses on hymns as they often display rhyme. The research methods which were used were explanation and interpretation, employing narratology as an approach. The poems were examined for the presence of a narrative element, but the emphasis in the analysis was the metre rather than the narration. The study analysed some praise poems. One focus was a traditional poem and another a modern praise poem. Traditional poetry was shown to depict old/traditional events. By contrast, modern praise poems focus on the “plot” of new/modern events. The structure of modern praise poetry is influenced by Western poetry. On the other hand, a poem was explained by focusing on concepts such as rhyme, rhyme types and rhyme patterns. It is shown that rhyme is a form of repetition. Rhyme is the agreement of the speech sounds appearing at the beginning, in the middle and at the end of a line. The focus in this analysis was based on different patterns that agree in the poem. In the study, rhyme in Sepedi poems such as (hymns) was looked at to explore rhyme in the hemistich (in case,alliteration forming part of lines) Rhyme patterns focuses on matching speech sounds in the lines and these patterns are created by the vowels and consonants. Also the matching of morphemes appear where the rhyme matches parts of words in the line.This agreement/matching of sounds is called the rhyming of morphemes. Sepedi has a great shortage of vowel sounds compared to other languages. Sepedi has only seven vowel sounds, while some other languages have more. Hence a traditional poem in Sepedi lacks both rhyme and metre, as rhyme is not usually used in Sepedi. AFRIKAANS : Die jare 1898 en 1935 het die belangrikste jare in die geskiedenis van die taal Sepedi geblyk te wee weens die publikasie van eerste digbundels soos Difela tše Dikgethoa, Dikopelo tša Badumedi en Kxomo ’a tshwa, ’n versameling prysgedigte deur D.M. Phala. Hierdie digbundels kan as die fondament van die Sepedi-digkuns bestempel word. Hulle is belangrik omdat tradisionele en moderne gedigte sedert daardie jare nie langer slegs vertel/voorgedra is nie, maar ook (op)geskryf is. Die elemente van die verlede bestaan gevolglik nog steeds, veral wanneer mense vandag oor die groei in en die skryf van gedigte in Sepedi praat. Daar kan beweer word dat die skryf van hierdie gedigte die bron was wat Sepedi-digters beïnvloed het om nuwe metodes vir die skryf van hulle gedigte te ontwikkel. Die doel van hierdie navorsing is om probleme rakende die belang van rym in die Sepedi-digkuns op te los. Die navorsing ondersoek in watter verhouding die korrekte plot van ’n gedig tot sy rympatroon staan. Die uitleg fokus op gesange aangesien ook hulle in rymformaat geskryf is. Die navorsingsmetodes wat gebruik word, is uitleg en interpretasie. Die raamwerk waarop die navorsing gebaseer is, is die narratologiese benadering. Die gedigte word ontleed met betrekking tot die aanwesigheid van narratiewe elemente, maar groter klem word op metrum geplaas as op vertelling. Twee prysgedigte word ontleed. Een is ’n tradisionele, en die ander ’n moderne prysgedig. Daar word beklemtoon dat tradisionele poësie in die kategorie van ou/tradisionele gebeure val. Andersyds word daar beklemtoon dat ’n moderne prysgedig op die plot van nuwe/moderne gebeure fokus. Die struktuur van laasgenoemde soort gedig is deur Westerse poësie beïnvloed. Nog ’n ontleding fokus op begrippe soos rym, rymsoorte en rympatrone. Daar word aangetoon dat rym ’n vorm van herhaling is. Rym is die ooreenstemming van spraakklanke wat aan die begin, in die middel en aan die einde van ’n versreël voorkom. Die fokus is ook gerig op verskillende patrone wat in die gedig met mekaar ooreenstem. In Sepedi-gedigte (gesange) word rym gebruik om te fokus op die uitleg van rym wat in halfverse voorkom (Engels: hemistich). Dit verwys na alliterasie wat in dele van versreëls voorkom. Rympatrone fokus op ooreenstemmende spraakklanke in die versreëls. Hierdie patrone word deur die keuse van vokale en konsonante geskep. Daar kom bowendien ook ooreenstemmende morfeme voor waar die rym op ooreenstemming tussen woord-dele in die versreëls berus. Hierdie ooreenstemming van klanke word ‘morfeemrym’ genoem. Aan die ander kant is Sepedi, in vergelyking met ander tale, opvallend arm aan vokale. Sepedi het slegs sewe vokale, waar ander tale oor baie meer beskik. Die ontleding van ’n tradisionele gedig in Sepedi wys ’n gebrek aan rym en metrum uit. Dit toon ook dat Sepedi ’n taal is wat van nature nie rym gebruik nie. Copyright