Afrikaanse uitgewers ontvang dikwels manuskripte waarin ’n paar gedigte met
meriete voorkom, maar wat nie genoeg gedigte bevat om ’n solo-bundel te regverdig
nie. Volgens D.J. Opperman was ’n vorm van publikasie tussen tydskrif en eerste
bundel nodig om sodoende die jong digter groter blootstelling te bied. Hierdie idee
het gelei tot die publikasie van die twee Stiebeuel-bundels en die Visier-versameling.
In 1997 publiseer Tafelberg die eerste uitgawe van Nuwe Stemme, en sedertdien het
drie ander uitgawes die lig gesien. Veertien poësie-debute het tot dusver gespruit uit
die Nuwe Stemme-bundels, waarvan vyf met die Ingrid Jonker-prys vir ’n poësiedebuut
bekroon is. Die Eugène Marais-prys is aan vier van die debuutbundels
toegeken.
Hierdie studie beoog om die sukses van die Nuwe Stemme-reeks as forum vir
ontluikende digters te bepaal aan die hand van die aantal digters wat debuteer na
hul opname in ’n Nuwe Stemme-volume, die pryse wat hierdie poësie-debute
ontvang het, asook die leser, of resensent, se reaksie op die tekste.
Publishers of Afrikaans poetry often receive manuscripts of merit but which do not
contain enough poems to justify a solo volume. According to D.J. Opperman, a form
of publication between literary journal and a first volume of poetry was required,
thereby giving the young poet more exposure and recognition for their work. This
idea led to the publication of an anthology of unpublished poets: the two Stiebeuel
volumes as well as the Visier collection. In 1997 Tafelberg published the first
collection of Nuwe Stemme, since then three more volumes have been published. A
total of fourteen poets have debuted following their inclusion in a Nuwe Stemme
volume. The Nuwe Stemme volumes have generated five Ingrid Jonker prizes for a
poetry debut and four Nuwe Stemme debuts were awarded the Eugène Marais prize.
The aim of this study is to investigate the success of the Nuwe Stemme series as
forum for upcoming poets. The number of debuts and the prizes received will serve
as indicators of the series’ success, as well as its reception by the public, who in this
study, is represented by the critic.