Abstract:
Vroeë sendelinge en reisigers wat Mzilikazi se Ndebele teëgekom het, het laasgenoemde
sonder uitsondering as meerderwaardig teenoor ander mense in die verre binneland uitgebeeld. Eers
toe hulle tussen Brittanje en Masjonaland te staan gekom het, het meer vyandige voorstelings van
hulle die lig gesien. In daardie stadium is hulle allermins as edel beskryf, maar eerder as
eenvoudige barbare wie se gewelddadige strooptogte die gebied om die Khumalo-koninkryk
gedestabiliseer het. Die invloedrykste fiktiewe voorstelling van die geïdealiseerde Ndebele is dié
van die Kukuana in Haggard se King Solomon's Mines wat, hoewel hulle barbare was, tog 'n
neiging tot edelheid openbaar het waaruit die blankes kon leer. Die Kukuana het talle latere
fiktiewe uitbeeldings van die Ndebele voorafgegaan. Latere romans het dikwels propaganda vir die
British South Africa Company (BSAC) verteenwoordig. Veranderende voorstellings van die Ndebele het
dus afgehang daarvan of die BSAC besig was om Masjonaland, en later Matabeleland, in te val, en of
dit gelyk het asof die Ndebele hulle aan die gesag van die BSAC onderwerp, of daarteen gerebelleer
het. Sommige romanskrywers het die Ndebele as slagoffers van die BSAC se gierigheid en
wanadministrasie uitgebeeld. In latere Rhodesiese romans is hulle selfs as waardige bondgenote van
die nuwe regeerdes van die suidelike Zambesiese plato beskryf wat die gesag uitgeoefen het wat
voorheen die prerogatief van die Khumalo-konings was.
ENGLISH: Early missionaries and travellers who
encountered Mzilikazi's Ndebele invariably represented them as superior to other people in the far
interior. Only when they were seen as standing between Britain and Mashonaland, did more hostile
representations prevail and then they were reported not as noble, but as simple savages whose brutal
raids destabilised the areas surrounding the Khumalo kingdom. The most influential fictional
representation of an idealised Ndebele were the Kukuana of Haggard's King Solomon's Mines,
who while being savages, showed a capacity for nobility from which the whites could learn. The
Kukuana anticipated many subsequent fictional depictions of the Ndebele. Later novels often
reproduced British South Africa Company propaganda and the changing representation of the Ndebele
depended on whether the Company were in the process of invading Mashonaland, and later Matabeleland,
or whether the Ndebele appeared to have submitted to the Company's authority, or had rebelled
against it. Some novelists represented the Ndebele as victims of the Company's greed and
misgovernment and in later Rhodesian novels they were shown as worthy allies of the new rulers of
the southern Zambesian plateau who exercised the authority that had formerly been the prerogative of
the Khumalo kings.