Abstract:
This study focuses on the following schizophrenic related elements to be found in the postmodern society and to be represented in selected contemporary video artworks: 1) creation of an alternative world and 2) disturbance in meaning. To confirm that the creation of an alternative world and disturbance in meaning is present in postmodern society, the following elements are investigated as symptoms of schizophrenia and characteristics present in contemporary society: 1) fragmentation, 2) withdrawal from reality, 3) misinterpretation of memories and 3) the creation of 'word salad'. In order to draw a parallel between schizophrenia and the postmodern society, the postmodern theories of Simon Gottschalk, Fredric Jameson, Kenneth Gergen, Jean Baudrillard, Andreas Huyssen, Gilles Deleuze en Paul Virilio as well as the medical studies involving schizophrenia by the Schizophrenia Foundation of South Africa, the University of Iowa se Department of Healthcare and D Sue, DW Sue en S Sue are used. In both conditions of schizophrenia and postmodern society, reality and meaning are altered. This study concludes that schizophrenic related elements are present in the postmodern society and therefore these elements are represented in the selected video artworks of the artists Eija-Liisa Ahtila and myself.AFRIKAANS : Hierdie studie fokus op die skisofrenie-verwante elemente wat voorkom in die postmoderne samelewing naamlik: 1) alternatiewe wêreldskepping en 2) versteuring in betekenisgewing en wat uitgebeeld word in geselekteerde kontemporêre videokunswerke. Fragmentering, onttrekking van realiteit, waninterpretasie van herinneringe en die skepping van 'woordslaai' word as simptome van skisofrenie en as kenmerkende eienskappe in die postmoderne samelewing ondersoek om die argument te versterk dat alternatiewe wêreldskepping en versteuring in betekenisgewing teenwoordig is in die postmoderne samelewing. Die postmoderne teorieë van Simon Gottschalk, Fredric Jameson, Kenneth Gergen, Jean Baudrillard, Andreas Huyssen, Gilles Deleuze en Paul Virilio sowel as die mediese studies deur die Schizophrenia Foundation of South Africa, die University of Iowa se Department of Healthcare en D Sue, DW Sue en S Sue aangaande skisofrenie, word gebruik om parallelle tussen die postmoderne samelewing en die mediese toestand van skisofrenie in hierdie studie te trek. Daar word vasgestel dat realiteit en betekenis in beide toestande van skisofrenie en die postmoderne samelewing verbuig en hervorm word. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat skisofrenie-verwante elemente wel voorkom in die kontemporêre samelewing en dus uitgebeeld word in die geselekteerde videokunswerke van die kunstenaars Eija-Liisa Ahtila en myself.