Abstract:
Low back pain has become one of the most influential musculoskeletal diseases of modern society. It is one of most expensive diseases in terms of medical costs and increased worker absenteeism, which can lead to permanent disability and places strain on the economy as a whole. Pain has been recognised as a disease in itself, which has certain consequences when it becomes chronic. Many kinds of treatment options exist with varying degrees of success. The question is thus which treatment option is the most favourable and cost-effective. Conservative treatment is the most recommended form of treatment when no serious underlying diseases are present. Exercise has been shown to be very effective in the treatment of chronic low back pain but there are still questions regarding the use of exercise therapy. The predetermined goal of the study was to ascertain whether an aggressiveprogressive exercise programme, and specifically what kind of exercises, would be more effective in the treatment of chronic low back pain. This was achieved through a number of steps, which included an extensive literature review, the identification of an appropriate test battery with related minimum physical requirements and cut scores, subject recruitment and screening of subjects, the implementation of the intervention and the subsequent re-testing of the subjects. Once the data was completed, the next step was to make use of two case studies to assist in illustrating the effectiveness of individual patients compared to the sample as a whole. These case studies were of patients who completed the entire programme but one took longer to complete the programme. This assists in illustrating the value of maintaining exercise protocol. The results from the present study are extremely positive. The two case studies provided a glimpse of the potential value that could be added through the implementation of more aggressive-progressive exercise interventions in the treatment of chronic low back pain. The final product will greatly assist exercise therapists concerned with the treatment of chronic low back pain along with cognitive-behavioural techniques. Hopefully this study will provide insight into managing chronic low back pain in South Africa from an exercise standpoint. Secondly the study will provide practical techniques to implement in an era in which economic difficulties are rife.AFRIKAANS: Laerugpyn het een van die invloedrykste muskuloskeletale siektes van die moderne samelewing geword. Dit is een van die duurste siektes in terme van mediese koste en verhoogde siekverlof deur werkers, wat kan lei tot permanente ongeskiktheid en ’n verhoogde las plaas op die ekonomie as ’n geheel. Pyn word erken as ’n siekte op sy eie wat sekere gevolge het wanneer dit chronies begin raak. Verskeie soorte behandelingsopsies is beskikbaar met variërende grade van sukses. Die vraag is dus watter behandelingsopsie is die bruikbaarste en koste-doeltreffendste. Konserwatiewe behandeling is die mees aanbevole metode van behandeling wanneer daar geen ernstige onderliggende siektetoestande teenwoordig is nie. Dit is reeds bewys dat oefening baie doeltreffend is in die behandeling van chroniese laerugpyn. Daar bestaan egter steeds vrae rondom die gebruik van oefening as terapie.Die vooropgestelde doelwit van die studie was om te bepaal of ’n aggressiewe-progressiewe inoefeningsprogram doeltreffend sal wees in die behandeling van chroniese laerugpyn, en meer spesifiek watter tipe oefening die doeltreffendste sal wees. Die navorsing het bestaan uit ’n paar stappe wat ingesluit het ’n intensiewe literatuursoektog, die identifisering van ’n gepaste toetsbattery met verwante minimum fisieke vereistes en afsnytellings, die verkryging en evaluering van proefpersone, die implementering van die intervensieprogram en die daaropvolgende hertoetsing van die proefpersone.Nadat die invordering van die data en die gepaardgaande analise van die data voltooi is, was die volgende stap om gebruik te maak van twee gevallestudies ten einde die doeltreffendheid van die intervensieprogram vir individuele proefpersone te ilustreer deur dit te vergelyk met die groep as ’n geheel. Die twee gevallestudies was van proefpersone wat die intervensieprogram volledig voltooi het, alhoewel die een proefpersoon langer geneem het om die intervensieprogram te voltooi. Dit help om die navolgingswaarde van ’n inoefeningsprotokol te illustreer. Die resultate van die huidige studie is uiters positief. Die twee gevallestudies gee ’n mate van insig wat betref die potensiële waarde wat verkry kan word deur die implementering van ’n meer aggressiewe-progressiewe inoefeningsintervensie vir die behandeling van chroniese lae rugpyn. Die finale produk sal die nodige ondersteuning aan oefeningsterapeute bied wat onseker is oor die behandeling van chroniese laerugpyn deur middel van aggressiewe-progressiewe inoefeningsintervensies en kognitiewe gedragstegnieke. Hierdie studie sal dus die begrip en insig van die behandeling van chroniese laerugpyn in Suid-Afrika verhoog vanuit ’n oefeningsuitgangspunt. Tweedens sal die studie die gebruik van praktiese oefentegnieke aanmoedig in ’n era waarin ekonomiese tye moeilik is.