Abstract:
AFRIKAANS: Die eksegeet word in die boek Habakuk gekonfronteer met probleemareas op verskillende vlakke. In die verlede is historiese oplossings vir die probleemareas aangebied. Die doel van hierdie studie was om 'n omvattende literêr-eksegetiese analise van die boek te maak en daarvolgens oplossings vir die probleemareas te soek. Uit 'n oorsigtelike navorsingsgeskiedenis van die boek het dit geblyk dat die histories-kritiese benadering geen bevredigende oplossings vir die probleemareas kan aanbied nie. 'n Komprehensiewe literêr-eksegetiese analise van die boek is ge-implementeer as werkbare alternatief vir 'n historiese benadering. Uit die analise het dit geblyk dat die boek Habakuk 'n literêre eenheid is. Elke onderdeel van die boek lewer 'n bydrae tot die verstaan daarvan. Twee sentrale temas speel dwarsdeur die boek 'n rol. Die eerste is die temporele spanning tussen hede, toekoms en verlede. Die boek begin met 'n krisis in die hede ( 1 :2-17). In die antwoord van Jahwe word die fokus na die toekoms verskuif (2: 1- 20). Eers wanneer die profeet die groot verlossingsdade van God in die verlede in herinnering roep (3: 1-19), kan hy sy vertroue in God stel. Die tweede tema is die rol van Jahwe, die goddelose en die regverdige. In die loop van die boek verander die rol van Jahwe van dié van 'n passiewe toeskouer na die van aktiewe Verlosser. Die goddelose is aanvanklik magtig, maar word uiteindelik vernietig. Aanvanklik ly die regverdige aan die hand van die goddelose, nogtans word die boek afgesluit met 'n ongekwalifiseerde vertrouensuitspraak. Die boek vertoon op semantiese vlak 'n antiteties-konsentriese struktuur. Hoofstuk 1 en 3 verteenwoordig twee pole, naamlik wanhoop en vertroue. Die keerpunt word in 2:4-Sb beskryf. Wanneer die boek as literêre eenheid gelees word, is dit nie langer nodig om elke onderdeel aan 'n spesifieke historiese gebeurtenis te koppel nie. Daardeur word die problematiek van die boek in 'n ander perspektief geplaas. ENGLISH: The book of Habakkuk presents many problems for the exegete. Historical solutions have usually been proposed to these problems. The aim of this study was to address the problems after a comprehensive literary-exegetical analysis of the book has been made. The history of exegesis of the book of Habakkuk was investigated. From this it became evident that the historical-critical approach could not provide adequate answers to the problems. Instead of a historical approach, a comprehensive literary analysis of the book was implemented. It became clear that the book of Habakkuk is a literary unit and that each part provides vital information for the understanding of the book. Two main themes occur throughout the book. The first is that of a temporal tension between present, future and past. The book commences with a crisis in the present (1:2-17). The answer of Yahveh moves the attention to the future (2:1-20). Only when the prophet remembers the great saving acts of Yahveh in the past (3:1-19), is he able to put his trust in God. The second recurrent theme is that of the role of Yahveh and that of the wicked and the righteous. At first, Yahveh is portrayed as a passive spectator. In the end he becomes the mighty saviour. The wicked, on the other hand, are mighty in the beginning, but are eventually annihilated. Although the righteous suffer in chapter 1, the book ends with an unqualified confession of trust. On the semantic level, the structure of the book can be described as antithetically concentric. Chapter 1 and 3 represent two poles, namely that of despair and trust. The turning point is represented by 2:4-Sb. By reading the book as a literary unit, the need for a historical interpretation of each seperate part thereof is obviated. A literary approach therefore presents a new perspective to the exegetical problems of the book.