Abstract:
In hierdie studie is die effek van valskermspring en vryval, sowel as van visualisering, op die balans van die outonome senuweestelsel ondersoek. Die resultate toon 'n verskuiwing na simpatiese oorheersing in die balans van die outonome senuweestelsel tydens valskermspring en vryval. Hierdie verskuiwing was statisties betekenisvol in die geval van relatief onervare springers, maar nie in ervare springers nie. 'n Soortgelyke outonome stresrespons is ook geïnduseer deur visualisering van die sprong in die laboratorium. Verdere studies is nodig om te bepaal of daar 'n verskil is in die mate waartoe die ervare en onervare springers die biologiese stresrespons deur visualisering kan induseer.
This study investigated the influence of skydiving and freefall, as well as that of visualisation, on the autonomic nervous system balance. The results showed a shift towards sympathetic dominance in the autonomic nervous system balance during skydiving and freefall. This shift was statistically significant in the inexperienced, but not in the experienced skydivers. A similar autonomic stress response was seen in the laboratory during visualisation of skydiving. Further studies are necessary to ascertain whether a difference exists between the extent to which experienced and inexperienced skydivers can induce the biological stress response through visualisation.