Probiotika dieet-aanvullende preparate van lewende niepatogene mikroörganismes

Show simple item record

dc.contributor.author Viljoen, Margaretha
dc.contributor.author Johannsen, E.
dc.contributor.author Panzer, Annie
dc.date.accessioned 2007-06-11T14:01:00Z
dc.date.available 2007-06-11T14:01:00Z
dc.date.issued 2005
dc.description.abstract Meer as vier honderd spesies van verskillende kommensale mikroörganismes kom normaalweg op die mens se slymvliesoppervlaktes voor. Die verwantskap tussen hierdie mikroörganismes en die mens kan wissel van saprofities tot parasities tot simbioties. Twee van die belangrikste groepe van hierdie voordelige simbiotiese bakterieë ressorteer onder die genera Lactobacillus en Bifidobacterium wat onderskeidelik in die dunderm en kolon gevind word. Verlies of versteuring van die normale mukosale mikroflora kan bydra tot gesondheidsprobleme (soos diaree en voedselallergieë), en die terapeutiese of profilaktiese aanvulling van die normale flora is in sekere gastroïntestinale en immunologiese afwykings van waarde. Probiotika is dieet-aanvullende preparate wat bestaan uit lewende niepatogene mikroörganismes, wat natuurlik in die gastroïntestinale kanaal voorkom en wat die intestinale funksies, die mikrobiologiese balans, sowel as die algemene gesondheid verbeter wanneer dit in genoegsame hoeveelhede ingeneem word. Hierdie artikel bespreek meganismes waardeur probiotika die interne milieu kan bevoordeel, en gee 'n kort oorsig oor belangrike kliniese proewe op die profilaktiese en terapeutiese effekte van probiotika, sowel as moontlike newe effekte. Die geweldige toename in navorsing op die gebied van die natuurlike mikroflora en probiotika word gedeeltelik deur die kommersiële potensiaal van probiotiese preparate gedryf en talle hiervan is reeds in die handel beskikbaar. Die artikel sluit af met riglyne oor die beheer van die produksie en verspreiding van probiotiese preparate, soos gestel deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie en aanbeveel in Suid-Afrika. More than four hundred species of different commensal micro-organisms exist on human mucosal surfaces. The relationship between these micro-organisms and their human host varies from saprophitic, to parasitic, to symbiotic. Two of the most important groups of the beneficial symbiotic bacteria resort under the genera Lactobacillus and Bifidobacterium, which are found in the small intestine and colon, respectively. Loss or disturbance of the normal mucosal microflora may contribute to health problems (e.g. diarrhoea and food allergies), and the therapeutic or prophylactic supplementation of the normal flora is of value in certain gastrointestinal and immunological disturbances. Probiotics are diet supplements which consist of live non-pathogenic micro-organisms, which occur naturally in the gastrointestinal tract and which improve intestinal functions, the microbiological balance, as well as general health when ingested in sufficient quantities. This article discusses mechanisms by which probiotics can enhance the internal milieu, and provides a short summary of important clinical trials on the prophylactic and therapeutic effects of probiotics, as well as possible side-effects. The tremendous increase in research on the topic of natural microflora and probiotics is prompted partially through the commercial potential of probiotics, of which many different types are already commercially available. The article concludes with guidelines for the control of the production and distribution of probiotics as stated by the World Health Organisation and as suggested in South Africa. en
dc.format.extent 61039 bytes
dc.format.mimetype application/pdf
dc.identifier.citation Viljoen, M, Johannsen, E, Panzer, A 2005, 'Probiotika : dieet-aanvullende preparate van lewende, niepatogene mikroörganismes', Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 24, no.1/2, pp. 2-10. [http://www.journals.co.za/ej/ejour_aknat.html] en
dc.identifier.issn 0254-3486
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/2699
dc.language.iso Afrikaans en
dc.publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en
dc.rights Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en
dc.subject Probiotika en
dc.subject Probiotics en
dc.subject.lcsh Lactobacillus
dc.subject.lcsh Bifidobacterium
dc.subject.lcsh Probiotics
dc.subject.lcsh Gastrointestinal system
dc.title Probiotika dieet-aanvullende preparate van lewende niepatogene mikroörganismes en
dc.title.alternative Probiotics diet supplements of live non-pathogenic micro-organisms en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record