Abstract:
AFRIKAANS: Hierdie studie ondersoek die funksionering van die begrip "grens" in die Afrikaanse prosa van 1974 - 1988 teen die agtergrond van die oorlog op die grens tussen Angola en Namibië. In Hoofstuk 1 word enkele hipotetiese uitgangspunte gestel, o.a. dat die woord "grens" in sy wydste betekenis. funksioneer in die kontemporêre Afrikaanse prosa, dat dit verarmend sou wees om 'n "toets" op te stel vir "grensliteratuur" en dat die "grenswerke" veral dit gemeen het dat hulle ‘n strewe verteenwoordig om grense oor te steek of te vernietig. Die doel van die studie is nie om ‘n lys kriteria op te stel vir ‘n klassifikasie van ‘n teks as grensprosa nie, maar eerder om die kompleksiteit aan te toon van die netwerk van betekenisse wat die grens in sy vele verskyningsvorme genereer. In Hoofstuk 2 word gekyk na die begrip "oorlogsliteratuur" en na die invloed van oorlog op die literatuur. Die Britse literatuur van die Tweede Wereldoorlog word as model geneem omdat dit literatuur is wat gebore is uit 'n konvensionele oorlog wat gewen is deur die volk waarvan die skrywers volksgenote is; die oorlogsliteratuur van die Lae Lande word bygereken omdat dit ‘n voorbeeld is van literatuur van mense wat onder die oorlog gely het en die Amerikaanse literatuur oor die Vietnamese oorlog word dan daarmee vergelyk. Laasgenoemde literatuur is gebore uit 'n nie-konvensionele, teen-insurgensieoorlog wat verloor is. Uit die vergelyking word sekere tendense gedistilleer. Daar word ten slotte gekyk na die toestand in Suid-Afrika en raakpunte en verskille met albei oorloë word uitgelig. Hoofstuk 3 ondersoek tekste wat 'n aanloop vorm tot die grensprosa. Dit sluit werke in soos Op pad na die grens, en sekere verhale uit Heupvuur, Roofvis en Skrikbewind van P J Haasbroek, sowel as verhale uit Kortsluitings van Henk Wybenga. Hoofstuk 4 handel oor vyf werke wat aantoonbaar 'n militêre strekking het en sodoende die naaste aan "grensprosa" kom. Hulle is ‘n wêreld sonder grense, ‘n Basis oorkant die grens, Om te awol, Forces favourites en Wie de hel het jou vertel. Hierdie tekste gaan oor personasies wat as dienspligtige soldate, regstreeks met die oorlog te doen het. Inter- en intrapersoonlike konflikte speel hier af teen die gedurig teenwoordige agtergrond van die oorlog. Hoofstuk 5 behandel vier werke, Die laaste Sondag, Die jaar nul, Grensgeval en Jonkmanskas. Waar die grensoorlog in die tekste wat in Hoofstuk 3 bespreek word, altyd na te speur is in die handelinge van die personasies, word die oorlog hier ‘n terloopse gegewe wat aanleiding gegee het tot die meer regstreekse ondersoek van ander grense; dit sluit in interpersoonlike grense en veral die kleurgrens. In Hoofstuk 6 word 'n sintese gemaak deur die inligting wat ingewin is met die teksondersoek in Hoofstukke 3, 4 en 5 te meet aan die tendense wat volgens Hoofstuk 2 by oorlogsliteratuur in die algemeen aangetref word. In die lig hiervan word dan gekyk hoe die begrip "grens" meerduidig funksioneer. Die wye betekenis van die woord “grens” maak dit moontlik om baie tekste as “grensliteratuur” te bestempel, maar die geldigheid van die term word aangetas wanneer dit te wyd gebruik word. Aan die ander kant is dit verarmend om die term "grens" tot die landsgrens te beperk. ENGLISH: The aim of the study was to investigate the functioning of the word "grens" (border) in prose relating to the war on the border of Namibia and Angola. In the first chapter some hypothetical statements are made, among others that, in the Afrikaans literature, the word "border" is used in the widest possible sense. To try and formulate a "test" along which a text could be classified as "border literature" would be futile. What the contemporary prose has in common, is that it tends to extend across literary borders and to break down racial and other barriers. The purpose of this dissertation, therefore, is to show the complex ways in which the word "grens" functions, rather than merely to show common denominators. In Chapter two the literature of the Second World War and the Vietnamese conflict is investigated to serve as a contextual marker. This is because the British literature of the Second World War represents the work of "winners" of a conventional war. The war literature of the Low Countries tells of ordinary civilians who suffer as a result of the war while the American literature of the Vietnam war shows the literary reaction to an unconventional struggle. The South African situation is then compared to this. Afrikaans texts range from exploratory war prose, through combat literature to works which use the war simply as a backdrop for other forms of conflict. Chapter three covers the work of three authors, J C Steyn, P J Haasbroek and Henk Wybenga. These works of prose seem to form a preamble to the war literature. The texts dealt with in chapter four represent Afrikaans “combat literature” dealing primarily with the thoughts and actions of soldiers in the front line. Although the war takes place on a geographical border, other borders or barriers are also referred to. Chapter five is concerned with novels and short stories in which the war plays an incidental part, although it may have been the cause of other barriers which are investigated. Here the emphasis falls mainly on inter-personal barriers, the colour barrier in particular. In Chapter six a synthesis is made by comparing the information gleaned from chapters 3, 4 and 5 to the tendencies described in chapter 2. "Border literature" (grensliteratuur) seems a plausible term, though it may be too wide and should be augmented by "war literature" which, in itself, is not wholly satisfactory either.