Aspekte van die kortkuns van Abraham H De Vries

Show simple item record

dc.contributor.advisor Roodt, P.H. (Pieter Hendrik) en
dc.contributor.postgraduate Van der Merwe, Willem Petrus en
dc.date.accessioned 2013-09-06T22:03:05Z
dc.date.available 2013-06-14 en
dc.date.available 2013-09-06T22:03:05Z
dc.date.created 1983-06-02 en
dc.date.issued 1983 en
dc.date.submitted 2013-06-13 en
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1983. en
dc.description.abstract Onder letterkundiges word De Vries vandag allerweë as een van die belangrikste Afrikaanse kortkunsbeoefenaars beskou. Uitgaande van 'n ondersoek na die vertellersperspektief as orienterende element, wil hierdie studie De Vries se ontwikkeling van bundel tot bundel volg en vasstel of hy die aandag verdien wat hom vandag te beurt val. In Hoog teen die heuningkrans (1956) is De Vries se talent op sy ongevormdste. Hiervan is die naïwe benutting van die vertellersperspektief, soos veral blyk in "Alles vir die klein dingetjies" en "Die rooi vaas", duidelike bewys. Verlore erwe (1959) vertoon nie 'n beduidende vooruitgang op sy debuutbundel nie. Wat hierin wel opval, is die eerste tekens om d.m.v. suggestie die lesersbetrokkenheid (in "'n Kloof soos Varingkloof" en "Pêrels voor die swyne") te verhoog. Hierop bou De Vries voort in Vetkers en neonlig (1960). Hierdie bundel vertoon ook 'n duideliker merkbare ontginning van die verteller as struktuurelement, soos uit 'n ontleding van "Die gusooi", "Vader en seun" en "Skoenemaker , diepe water" duidelik word. Daarbenewens tree daar met hierdie bundel tematiese vernuwing in De Vries se werk in: die lokale realisme van vroeër maak plek vir 'n meer fantastiese ( "Skoenemaker") en gewelddadig/ makabere ("Die turksvyrant", "Die gusooi" en "Vader en seun") bewerking van sy stof. Met Dubbeldoor (1963) sit De Vries hierdie stygende ontwikkelingslyn voort. Hy beheer die vertellersperspektief met groter gemak en sy verhale vertoon 'n fyner afgerondheid. Die bundel se hoogtepunte is geleë in die verhale in die eerstepersoon bv. "Brood: variasie op 'n tema" en "Stamme vir die ruimte". Vliegoog (1965) is De Vries se hoogtepunt uit die jare sestig. In verhaal na verhaal, deur die hantering veral van verskillende vertellersperspektiewe, blyk sy bekwame vakmanskap. Verhale wat hier uitgesonder word, is "Vlieë soek nie", "Jy moet jou by kry voor die kanon skiet", "Stasie" en "Huisbesoek van 'n grapjas". Na 'n ondersoek van die vier "Kort verhale in die eerste persoon" - uit Twee maal om die son (1969) - word tot die gevolgtrekking gekom dat De Vries onder eerste persoon ook die abstrakte outeur insluit. 'n Analise van "Terug na die natuur" bring aan die lig dat die konkrete outeur, d.m.v. subtiele manipulering van die abstrakte outeur, as karakter in die verhaal ingebring word. In hoofstuk vyf word gekyk na die eenheidskeppende elemente in De Vries se kontreikuns, waar onder Dorp in die Klein Karoo (1966), Briekwa (1973) en afdeling twee van Bliksoldate bloei nie (1975) ingesluit word. Hierin speel veral die kontrei en die persoon van die konkrete outeur 'n belangrike rol. Daar word ook uitgewys dat Briekwa, naas die kortverhale wat deur 'n brief aan mekaar verbind word, demonstrasie is van 'n skrywer se "oorlewing van die winter in hom". Met De Vries se jongste bundel, Die uur van die idiote (1980), bevestig hy sy meesterskap. Daar word bevind dat die verhaal "Raam" 'n hoogtepunt vorm t.o.v. die hantering van die vertellersperspektief. Die persoon van die konkrete outeur word op verbluffende wyse in die verhaal geïntegreer. Ten slotte word besluit dat De Vries se talent die aandag wat hom te beurt val, regverdig. ENGLISH : Amongst men of letters Abraham H. de Vries is today widely regarded as one of the most important Afrikaans short story writers. With research into the point of view as orientating element, as vantage point, this study purposes to follow De Vries's development from collection to collection to ascertain whether he deserves the attention accorded him today. In Hoog teen die heuningkrans (1956) De Vries's talent is at its most untrained. Proof is the naïve utilisation of point of view in e.g. "Alles vir die klein dingetjies" and "Die rooi vaas". Verlore erwe (1958) does not show significant improvement on his début. What is striking here, however, is the first indications of heightening readers' participation through suggestion in "'n Kloof soos Varingkloof" and "Pêrels voor die swyne". On this De Vries builds in Vetkers en neonlig (1960). This collection shows a more marked exploitation of the narrator as structural element, as is clearly indicated in an analysis of "Die gusooi", "Vader en seun" and "Skoenemaker, diepe water". In addition to this, De Vries's work also shows thematic novelties in this collection: the local realism of earlier work makes way for the more fantastic ("Skoenemaker") and violent/macabre ("Die Turksvyrant", "Die gusooi" and "Vader en seun"). With Dubbeldoor (1963) De Vries continues this ascending course of development. He commands the point of view with greater ease and his stories show a finer finish. The highlights of this collection are the stories told in the first person e.g. "Brood: variasie op 'n tema" and "Stamme vir die ruimte". Vliegoog (1965) is De Vries's peak performance in the Sixties. In story after story his mastership is indicated by especially his handling of the various points of view. Stories warranting exception here, are "Vlieë soek nie", "Jy moet jou by kry voor die kanon skiet", "Stasie" and "Huisbesoek van 'n grapjas". After research into the four "Kort verhale in die eerste persoon" from Twee maal om die son (1969) the conclusion is reached that De Vries also includes the implied author under first person. An analysis of "Terug na die natuur" shows that the concrete author, by subtle manipulation of the implied author, is brought as character into the story. In chapter five the unity of the creative elements in De Vries's "kortkuns" (regional stories), including Dorp in die Klein Karoo (1966), Briekwa (1973) and section two of Bliksoldate bloei nie (1980), are looked at. In these stories the "kontrei" (region) and the person of the concrete author play important parts. It is also shown that Briekwa, in addition to the short stories linked together by a letter, demonstrates a writer's "survival" of the "winter in himself". With De Vries's newest collection, Die uur van die idiote (1980), hy consolidates his mastership. It is found that the story "Raam" constitutes a definite pinnacle as far as handling of the point of view is concerned. The person of the concrete author is astonishingly integrated into the narrative. In conclusion it is decided that De Vries's talent warrants the attention accorded him. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Afrikaans en
dc.identifier.citation Van der Merwe, WP 1983, Aspekte van die kortkuns van Abraham H De Vries (Afrikaans), MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/25517 > en
dc.identifier.other E13/4/738/gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-06132013-161549/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/25517
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1983 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria en
dc.subject Abraham h de vries en
dc.subject Kortkuns en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Aspekte van die kortkuns van Abraham H De Vries en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record