Abstract:
Skakeling met diffusie-transistors by höe kollektorspannings word ontleed. Die gebied waar vermenigvuldiging verkry word en skakelsnelheid aansienlik verhoog word, is ondersoek met behulp van 'n relaksasie-ossillator. Lawineskakeling soos veral benut in pulsgenerators, is hier ter sake. Met behulp van 'n ladingsmodel is dit moontlik om uitdrukkings vir stygtyd, piekstroom en daaltyd in terme van transistorparameters te kry. Hierdie waardes is getoets met 2N414-transistors. Die invloed van eksterne komponente en toevoer word beskou. ENGLISH : Switching with transistors (diffusion flow type) in the high voltage region is analysed. The high Switching speed in this multiplication region is investigated by means of a relaxation oscillator. Avalanche mode switching as is relevant here, is mostly used in pulse generators. Expressions for rise time, peak current and fall time are obtained by means of a charge control model in terms of transistor parameters. 2N414 transistors were used to verify the theory experimentally. The influence of external components and supplies are also considered.