Abstract:
Rollover prevention in Sports Utility Vehicles (SUV‟s) offers a great challenge in vehicle safety. By reducing the body roll angle of the vehicle the load transfer will increase and thus decrease the lateral force that can be generated by the tires. This decrease in the lateral force can cause the vehicle to slide rather than to roll over. This study presents the possibility of using slow active suspension control to reduce the body roll and thus reduce the rollover propensity of a vehicle fitted with a hydro-pneumatic suspension system. The slow active control is obtained by pumping oil into and draining oil out of each hydro-pneumatic suspension unit individually. A real gas model for the suspension units as well as for the accumulator that supplies the oil is incorporated in a validated full vehicle Adams model. This model is then used to simulate a double lane change manoeuvre performed by a SUV at 60 km/h and it is shown that a significant improvement in body roll can be obtained with relatively low energy requirements. The proposed control is successfully implemented on a Land Rover Defender test vehicle. A Proportional-Derivative (PD) controller is used to control on-off solenoid operated valves and the flow is adjusted using the lateral acceleration as a parameter. Experimental results confirm that a significant improvement in body roll is possible. AFRIKAANS : Omrolvoorkoming in Sportnutsvoertuie bied geweldige uitdagings in terme van voertuigveiligheid. Deur die rolhoek van die voertuig te verminder word die laterale lasoordrag verhoog en word die laterale krag wat die bande kan genereer minder. As die laterale krag genoeg verminder sal die voertuig eerder gly as omrol. Die studie ondersoek die moontlikheid om stadig-aktiewe suspensiebeheer op 'n voertuig met 'n hidropneumatiese suspensie te gebruik om bakrol te verminder en dus die omrolgeneigdheid van die voertuig te verlaag. Die beheer word toegepas deur olie in elke hidropneumaties suspensie-eenheid individueel in te pomp of te dreineer. 'n Werklike gas model word gebruik om die supensie-eenhede asook die akkumulator, wat die olie aan die suspensie voorsien, te modeleer. Hierdie modelle word in 'n gevalideerde volvoertuig ADAMS model geïnkorporeer en 'n dubbel laanverwisseling word gesimuleer teen 60 km/h. Die resultate toon dat 'n beduidende verbetering in die rolhoek moontlik is met relatiewe lae energievereistes. Die voorgestelde beheer is suksesvol op 'n Land Rover Defender geïmplimenteer en 'n Proportioneele-Differensiaal (PD) beheerder word gebruik om die aan-af solenoїde kleppe te beheer terwyl die vloei aangepas word na gelang van die laterale versnelling. Eksperimentele resultate bevestig dat 'n beduidende verbetering in bakrol moontlik is.