Abstract:
Introduction Alternative medicine has been employed in the treatment of several diseases. Listening to music after minor surgery has been beneficial regarding pain control. Aim The aim of this study was to determine the effect of music on intravenous patient-controlled (PCA) morphine consumption after hip or knee replacement. Methods This was an open label, randomized controlled trial. Forty (twenty per group) consecutive patients scheduled for arthroplasty were included. A standardized anaesthetic technique was used, consisting of propofol, sufentanil, rocuronium, and isoflurane. Postoperatively patients were allocated to one of two groups: Group M listened to music during the first 24 postoperative hours, while Group C did not listen to music. The PCA dose consisted of morphine 1.5 mg and droperidol 83.3 ìg with a lockout time on seven minutes. Rescue doses of morphine 15 ìg/kg intravenously every one-minute until the patient was pain free was administered by a nurse according to a visual descriptive pain score. Both groups received paracetamol 1 g intravenously six hourly. After 24 hours the total (PCA plus rescue) morphine dose was recorded. Morphine consumption in groups was analysed using the one-sided Student two-sample t test. The significance level was 0.05 and the power 0.95. Results Neither the PCA usage (p = 0.4138) nor the rescue doses of morphine (p = 0.9163) differed significantly between the groups. Conclusion Although a statistical difference could not be shown in this study, music during the postoperative period does offer a pleasant distraction from this overall undesirable experience. AFRIKAANS : Inleiding Alternatiewe medisyne word dikwels gebruik vir die hantering van verskeie siektetoestande. Daar is al aangetoon dat deur na musiek te luister voordelig is na geringer chirurgie ten opsigte van pynbeheer. Doel Die studie het ten doel gehad om die effek van musiek na heup- of knievervanging op intraveneuse pasiënt- beheerde morfienverbruik (PBA) te bepaal. Metodes Hierdie was ʼn enkel-blinde gerandomiseerde gekontroleerde studie. Veertig (twintig per groep) agtereenvolgende pasiënte geskeduleer vir gewrigsvervanging is by die studie ingesluit. ʼn Standaard narkosetegniek is gebruik, bestaande uit propofol, sufentaniel, rokuronium en isofluraan. Die pasiënte is postoperatief aan een van twee groepe toegedeel: Groep M het gedurende die eerste postoperatiewe 24 uur na musiek geluister terwyl Groep K nie na musiek geluister het nie. Die PBA-dosis het bestaan uit morfien 1.5 mg en droperidol 83.3 μg met ‘n uitsluitingstyd van sewe minute. Addisionele dosisse morfien is toegelaat. Dit is intraveneus deur die verpleegkundige volgens ʼn verbaal beskrewe pynskaal toegedien en het bestaan uit 15 μg/kg IV elke een minuut totdat die pasiënt volgens haar oordeel pynvry was. Beide groepe het ook sesuurliks parasetamol 1 g intraveneus ontvang. Vier en twintig uur na die operasie is die totale morfienverbruik (PBA plus bykomende dosisse) aangeteken. Die morfienverbruik in groepe is geanaliseer met behulp van die eenkantige tweesteekproef-t-toets. Die beduidenheidspeil was 0.05 en die onderskeidingsvermoë 0.90. Resultate Daar was tussen groepe geen beduidende verskil ten opsigte van die PBA (p = 0.4138) en die bykomende dosisse (p = 0.9613) morfien nie. Gevolgtrekking Alhoewel daar geen statisties beduidende verskil tussen groepe aangetoon is nie, bied musiek gedurende die postoperatiewe fase ʼn aangename afleiding van die andersins onaangename ondervinding. Copyright