Abstract:
Die bemarkingsmoontlikhede van droëbone in Suid-Afrika word ondersoek aan die hand van teoretiese beginsels en beskikbare markinligting. Die vraag na en aanbod van droëbone en die konsentrasie in die mark word ontleed. Eienskappe van 'n gewensde bemarkingstelsel word bespreek gevolg deur bemarkingsmoontlikhede gegewe die realiteite. Die markrealiteite ten opsigte van vraag en aanbod toon aan dat die droëbonemark nie een van die vereiste eienskappe vir beheer openbaar nie en 'n eenkanaalbemarkingstelsel dus die bedryf meer skade sal aandoen. Slegs maatreëls wat nie die markmeganisme se werking enigsins sal verwring nie het enige kans op sukses. Oogmerke van groter effektiwiteit, hoër pryse en groter stabiliteit kan slegs op sulke wyses gerealiseer word.