Abstract:
"Sedert die beskeie ontstaan van die stad Pretoria meer as 'n honderd jaar gelede is die historiese Kerkplein in die middestad ten nouste aan die groei en ontwikkeling van die stad verbonde. Deur die jare heen 'n vergaderplek vir godsdienstige byeenkomste, volksfeeste, staatkundige saamtrekke, sportbyeenkomste, militêre parades, hofsake en selfs vendusies, het die plein in die afgelope honderd jaar al vir talryke kleurryke gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesorg."