Abstract:
Die artikel ondersoek ’n aantal tekste in die Corpus juris civilis gebaseer op die aanname
dat hul ’n gemeenskaplike kenmerk het, naamlik om die beperking wat die Romeinse reg
op rente geplaas het, te vermy. ’n Analise van hierdie tekste maak dit moontlik om die
metode wat gebruik is te rekonstrueer.