Abstract:
Skool was vir hom hel en hy het sy eerste jaar gedruip. Vandag is prof. Jonathan Jansen dekaan van Opvoedkunde aan die UP, en een van die voorste vegters vir wêreldgehalte-onderwys in Suid-Afrika. Hy is ook 'n uitgesproke kritikus van skadelike burokratiese inmenging.