Marié-Catherine le Fèbre was one of the first natives of French descent at the Cape and in 1686 hers the first baptism at Stellenbosch - it then being the earliest deliberate extension of the Dutch footprint at the Cape. When she died at the mouth of the Gouritz River 96 years later, the extent of territory claimed by the VOC stretched as far as the Langkloof. She was an "ordinary" housewife, thrice widowed and bore at least eleven children. Her life possibly portrays the lives of other contemporary women, who, together with their husbands and sons, were either compelled through economic circumstances to abandon the tillage farms of the Boland in exchange for cattle and loan farming in the distant district of Swellendam, or did so voluntarily.
Marié-Catherine le Fèbre was een van die eerste boorlinge van Franse afkoms aan die Kaap en in 1686 die eerste dopeling op Stellenbosch - die vroegste doelbewuste uitbreiding van die Nederlandse voetspoor aan die Kaap. Toe sy 96 jaar later naby die mond van die Gouritsrivier oorlede is, het die grense van die gebied wat vir die VOC opgeëis is, tot by die Langkloof gestrek. Sy was 'n "gewone" huisvrou, drie keer 'n weduwee en het minstens elf kinders in die lewe gebring. Haar lewe bied moontlik 'n beeld van dié van ander vroue uit hierdie tydperk wat saam met hulle mans of seuns die gevestigde lewe op die akkerbouplase van die Boland vir veeboerdery op leningsplase in die afgeleë distrik Swellendam verruil het of deur finansiële omstandighede daartoe gedwing was.