Abstract:
Die omvang van vakbonde se aanspreeklikheid vir skade berokken aan hul lede
(werknemers), werkgewers en selfs aan derde partye wat buite die vakbond-lidmaatskapverhouding
of die diensverhouding staan, word in hierde artikel ondersoek. Dit is algemeen
bekend dat stakings en protesoptrede deur vakbonde en werknemers nie altyd op ’n
vreedsame of ’n wetsgehoorsame wyse plaasvind nie, ongeag of die staking aan die
vereistes vir ’n beskermde staking voldoen of nie. Geweld, intimidasie, liggaamlike
beserings en skade aan eiendom dui op gebrekkige dissipline en kontrole in vakbondgeledere.
Sowel ’n statutêre as ’n deliktuele remedie het in die praktyk vorm aangeneem.
Eisers wat tydens stakings skade gely het en die omvang daarvan kan bewys kan
skadevergoeding eis. In hierdie artikel is die klem op die statutêre toepassingsgebied van
die fundamentele reg om te staak en toepaslike regspraak oor die aangeleentheid.