The aim of this article is to critique Martin Heidegger’s fourfold as a static concept and to reformulate
it as a dynamic concept to be applied as a criterion to assess the architectural excellence of the temple
complex of Apollo at Delphi, Greece, and the Inner Shinto Shrine at Ise, Japan, both exemplifying
nature religions, as well as the Basilica of St. Peter’s in Rome, the most influential Christian church.
Die doel met hierdie artikel is om Martin Heidegger se viervoud as ’n statiese konsep te kritiseer en as
’n dinamiese konsep te herformuleer, wat dan toegepas word as ’n kriterium vir die beoordeling van
die argitektoniese meriete van die tempelkompleks van Apollo by Delphi, Griekeland, en die Shintobinneheiligdom
by Ise, Japan, wat albei natuurgodsdienste beliggaam, asook die Petrusbasilika in
Rome, die invloedrykste Christelike kerk.