Harmony between the forces of nature and human activity was of great concern throughout the history of Japan. The divination of these important forces were governed through a canon of geomantic landscape design principles that developed significantly during the medieval Heian era (794-1185). In a nutshell, spaces for human occupation – whether at the scale of an entire city or an individual household – are divided into two bilateral symmetrical halves organized around a central longitudinal axis. Spaces are ranked hierarchically along the central axis. This type of physical setting intuitively albeit very loosely resembles human anatomy. One possible interpretation is that the central axis of symmetry typifies the central axis of the body from head to feet, with the highest function placed at one end. We suggest that the resemblance of this mapping to the human body and its repetition at various spatial scales enable its human inhabitants to more intuitively relate to their surroundings, whether in their own dwellings, neighbourhoods or at the level of the city as a whole.
Om harmonie tussen natuurkragte en menslike aktiwiteit te bewerkstelling, was nog altyd vir die Japanese van groot belang. Die toekomsvoorspelling van die uitwerking van hierdie belangrike kragte op landskapontwerp is deur ’n kanon van geomantiese beginsels beheer, wat tydens die middeleeuse Heian-era (794-1185) aansienlik ontwikkel is. Kortliks gestel, word ruimtes vir menslike bewoning – hetsy op die skaal van ’n volledige stad of ’n indiwiduele huishouding – verdeel in twee bilaterale simmetriese helftes wat om ’n sentrale lengte-as gerangskik word. Ruimtes word hiërargies langs die sentrale as geplaas. Hierdie soort fisieke rangordelike rangskikking toon ’n losse ooreenkoms met menslike anatomie. Een moontlike interpretasie is dat die sentrale as wat simmetrie bepaal, op die middellyn van die liggaam van kop tot voete dui, met die hoogste funksie aan die een eindpunt. Vandaar ons afleiding dat die ooreenkoms tussen hierdie kartering en die menslike liggaam, asook die herhaling daarvan op verskillende ruimtelike skale, die menslike inwoners in staat stel om hulle meer intuitief met hulle omgewing, hetsy in hulle eie wonings, woonbuurtes of ten opsigte van die stad as geheel, te vereenselwig.