The focus of this research is El Greco’s representation of Christ on the cross in the "Crucifixion with Donors" (circa 1577-80, Musée du Louvre). This painting shows the semi-nude body of the centrally placed Christ figure gazing heavenward over his right shoulder. Notwithstanding the fact that crucifixion meant fatal torture, El Greco’s representation of Christ’s body, elegantly posed on the cross, omits references to violence, suffering and death, except for the shedding of a few drops of blood. It is argued that El Greco’s depiction of the Christ figure’s heavenwards directed gaze may be attributed to Plato’s belief that love should transcend physical reality and move upward to the great love of God. By transforming the sensual beauty of a semi-naked male figure into a spiritually exalted body the artist conformed to the dictate of the Council of Trente regarding decorum. However, the sensual beauty of the Christ figure in the "Crucifixion with Donors" may also be ascribed to El Greco’s tendency – as a presumably gay man – to sublimate male physical attraction in his paintings.
Die fokus van hierdie navorsing is El Greco se voorstelling van Christus aan die kruis in die "Kruisiging met skenkers" (circa 1577-80, Musée du Louvre). Die skildery toon die semi-naakte liggaam van die sentraal geplaasde Christusfiguur wat hemelwaarts oor sy regterskouer kyk. Nieteenstaande die feit dat kruisiging ’n noodlottige vorm van marteling was, toon El Greco se voorstelling van Christus se liggaam wat elegant op die kruis geposeer is, geen aanduiding van geweld, lyding en dood nie, behalwe die storting van enkele druppels bloed. Daar word aangevoer dat El Greco se uitbeelding van die Christusfiguur se hemelgerigte blik toegeskryf kan word aan Plato se opvatting dat liefde die fisieke werklikheid behoort te transendeer en opwaarts na die groot liefde vir God [behoort] te beweeg. Deur die sensuele skoonheid van ’n semi-naakte manlike figuur in ’n verheerlikte geestelike liggaam te transformeer, het die kunstenaar ’n diktaat van die Konsilie van Trente ten opsigte van dekorum nagekom. Nietemin mag die sensuele skoonheid van die Christusfiguur in die "Kruisiging met skenkers" ook toegekryf word aan El Greco – wat waarskynlik ’n homoseksuele man was – se neiging om manlike liggaamlike aantreklikheid in sy skilderye te sublimeer.