We are excited to announce that the repository will soon undergo an upgrade, featuring a new look and feel along with several enhanced features to improve your experience. Please be on the lookout for further updates and announcements regarding the launch date. We appreciate your support and look forward to unveiling the improved platform soon.
dc.contributor.author | Cloete, Rian![]() |
|
dc.date.accessioned | 2013-02-08T06:34:46Z | |
dc.date.available | 2013-02-08T06:34:46Z | |
dc.date.issued | 2012 | |
dc.description.abstract | Sport het vandag ’n industrie geword en dit het gelei tot die kommersialisering van regte op die openbare beeld wat binne die konsep van persoonlikheidsregte en in die konteks van die actio iniuriarum erkenning geniet en as regtens beskermbare belang beskou word. Die daaropvolgende toename in sportlui se waarde en inkomste het onvermydelik die belastinggaarder se belangstelling gewek. Dit het sportlui genoodsaak om belastingadvies te bekom en het ’n aantal belastingbeperkingskemas tot gevolg gehad. Een van hierdie skemas is om ’n sportman se verskaffing van promosiedienste van sy lewering van spelersdienste te skei. Talle sportlui het met die oog op hul regte op die openbare beeld persoonlike maatskappye gestig wat bepaal hoe hierdie regte oorgedra of gelisensieer kan word en sodoende absolute beheer uitoefen oor die kommersiële ontginning van die sportman se regte op sy beeld. Die doel van sodanige skeiding is om die sportman se belastinglas te verlig deur belastingaanspreeklikheid op grond van vergoeding vir promosiedienste te vermy. Die inkomste wat verkry word uit die ontginning van regte op die openbare beeld sal deel van die maatskappy se winste vorm. Die maatskappy sal dan op sodanige winste belas word en die sportman sal ’n dividend van die maatskappy ontvang. Die regsvraag is egter of die belastinggaarder so ’n skema sal toelaat. Daar moet ook vasgestel word of die inkomste verkry uit die gebruik van ’n sportman se regte op die openbare beeld as van ’n kapitale aard beskou kan word wat as ’n kapitaalwins aan minder belasting onderhewig is en of dit as bruto inkomste ingevolge die Inkomstebelastingwet geklassifiseer moet word. Hierdie belastingkwessies is nog nie omvattend in Suid-Afrika aangespreek nie. Ten einde ’n beter begrip te verkry van die verwikkeldhede wat met die belasting van inkomste uit die gebruik van regte op die openbare beeld gepaardgaan, word die benadering in die Verenigde Koninkryk geëvalueer weens die ooreenkomste tussen ons regstelsels in hierdie verband. | af |
dc.description.librarian | am2013 | en |
dc.description.librarian | ai2013 | |
dc.description.uri | http://www.dejure.up.ac.za/ | en |
dc.identifier.citation | Cloete, R 2012, 'The taxation of image rights : a comparative analysis', De Jure, vol. 45, no. 3, pp. 556-567. | en |
dc.identifier.issn | 1466-3597 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/2263/20975 | |
dc.language.iso | en | en |
dc.publisher | Pretoria University Law Press (PULP) | en |
dc.rights | Pretoria University Law Press (PULP) | en |
dc.subject | Image rights | en |
dc.subject | Reg op die openbare beeld | af |
dc.subject.lcsh | Athletes -- Taxation -- Law and legislation -- Great Britain | en |
dc.subject.lcsh | Athletes -- Taxation -- Law and legislation -- South Africa | en |
dc.subject.lcsh | Athletes in mass media | en |
dc.subject.lcsh | Image (Philosophy) | en |
dc.title | The taxation of image rights : a comparative analysis | en |
dc.title.alternative | Belasting van die reg op die openbare beeld : ’n vergelykende ontleding | af |
dc.type | Article | en |