In hierdie artikel word daar gefokus op die kunstenaarsboek Sanity on the line – ’n katalogus
van individuele (studente-)werk saamgestel uit ’n snipperdigprojek wat as deel van
die kunstenaarsboekprojek Oor die einders van die bladsy uitgestal is. Daar word onder
meer gekyk na die fenomeen bekend as konkrete poësie, wat deur Hunley (2007) as ’n
alternatiewe onderrigbenadering tot die kreatiewe skryfkunswerkswinkelmetode ontwikkel
is. Vervolgens word enkele individuele werke in die snipperdigprojek bespreek deur onder meer
verbandhoudende elemente daarvan in bestaande Suid-Afrikaanse voorbeelde van konkrete
poësie te ondersoek. Daar word sterk gefokus op onder andere voorbeelde uit die Afrikaanse
letterkunde en die werk van Willem Boshoff en Wopko Jensma.
In this article, the focus is
on the artist’s book – Sanity on the line – a catalogue of individual work (of students) compiled from
a cut-up poetry project that was exhibited as part of the Transgressions and boundaries of the page
artist’s book project. Amongst others, the phenomenon known as concrete poetry, which was
developed by Hunley (2007) as an alternative approach to teaching through the creative art of
writing workshop method, is explored. Furthermore, a few individual works in the cut-up poetry
project are discussed by relating them to existing South African examples of concrete poetry.
A strong focus is placed on examples from Afrikaans literature as well as the work of Willem
Boshoff and Wopko Jensma.