Business enterprises are under increasing pressure to become internationally competitive due to globalisation. World-class companies from abroad can now easily compete with local companies, introducing high quality products and services to the local community and industry. The pace of technological change is also forcing companies to increase productivity and to become more cost effective.
Performance management is part of the strategic management process in the business enterprise and the maintenance department therefore has to address this as part of the strategy formulation for the maintenance function. This paper outlines the strategic management process that is required in the maintenance department and defines a systematic process to develop a performance measurement system for maintenance.
Besigheidsondernemings is onder toenemende druk om internasionaal kompeterend te word weens globalisering. Wêreldklas maatskappye kan nou maklik met plaaslike maatskappye meeding deur hoë kwaliteit produkte en dienste aan die plaaslike gemeenskap en nywerheid te lewer. Die tempo van tegnologiese verandering dwing maatskappye ook om produktiwiteit te verhoog en meer koste-effektief te word.
Prestasiebestuur is deel van strategiese bestuur in 'n onderneming en die instandhoudingsafdeling moet derhalwe prestasiebestuur aanspreek as deel van die ontwikkeling van strategie vir die instandhoudingsfunksie. Hierdie artikel bespreek die strategiese bestuursproses soos benodig in die instandhoudingsafdeling en stel 'n sistematiese proses voor vir die ontwikkeling van 'n prestasiemetingstelsel vir instandhouding.