Simulation modelling has been identified as one of the most powerful
techniques available for the analysis and design of complex manufacturing
systems. A number of manufacturing simulators have been designed in an effort
to make it easier to use the simulation approach in the manufacturing
environment. This paper will attempt to describe and evaluate the
characteristics of some of the available manufacturing simulators as well as
possible ways to alleviate some of the inherent disadvantages. This paper
will also report on the preliminary design philosophy and specifications of a
manufacturing simulation program generator (FACSIM) presently under
development.
Simulasiemodellering is een van die mees kragtige tegnieke beskikbaar vir die
analise en ontwerp van komplekse vervaardigingstelsels. In 'n poging om die
gebruik van simulasiemodellering in die vervaardigingsomgewing te vergemaklik
is 'n aantal vervaardigingsimulators ontwikkel. Hierdie artjkel sal poog om
die eienskappe van sommige van die beskikbare vervaardigingsimulators te
bespreek en te evalueer. Tegnieke wat moontlik gebruik kan word om die
effekte van die inherente nadele van simulators te verminder sal bespreek
word. Die voorlopige ontwerpfilosofie en -spesifikasie van 'n
vervaardigingsimulasie programgenerator (FACSIM), wat tans ontwikkel word,
sal ook beskryf word.