The article describes the development of a framework for the implementation of a Total Quality Management (TQM) approach in the civil consulting industry through the five phases of the typical civil engineering project. For any project to be successful the project team members must take collective and individual responsibility for their role in the project implementation. The organisational goal is “to make money now and in the future”. To achieve this goal the organization must provide value to its clientele. The clients are searching for the silver bullet; double the performance at half the price. TQM provides a means to achieve this goal.
Die artikel beskryf die ontwikkeling van 'n raamwerk vir die implementering van 'n gehaltebestuurstelsel vir die siviele raadgewende bedryf soos dit deelneem aan die vyf fases van 'n tipiese siviele ingenieursprojek. Vir die suksesvolle afhandeling van 'n projek is dit noodsaaklik dat alle projekspanlede gesamentlik en afsonderlik verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle eie betrokkenheid by die projekimplementering. Die organisasie se oogmerk is om “nou en in die toekoms geld te maak”. Ten einde hierdie oogmerk te bereik moet die organisasie waarde vir sy kliënte bied. 'n Gehaltebestuurstelsel voorsien die gereedskap om hierdie doelwit te bereik.