When choosing a site for their colonial towns the Greeks favoured places that resembled the
geological context of their native country, because they could adapt their familiar water management
and town-planning practices to the suit these conditions. This paper proposes that when the Romans
annexed these settlements, they often built on the ruins of the earlier Greek settlements and that
the same can be observed in Greek and Roman settlements in what is today Provence-Alpes-Côte
d’Azur. When Roman authority crumbled (476AD) and the region was invaded by Barbarians, only
the more massive Roman monuments withstood ruination and subsequent Provençal architecture
was designed to resist attack. This paper further investigates how some towns and structures were
built on the ruins of Roman ramparts and how in others the geology was used to determine the
position of settlement. It contributes to the existing body of knowledge of Roman ruins in Provence
by suggesting geology and ruin as settlement generators
Toe die Grieke terreine vir hul koloniale dorpe oorweeg het, het hulle voorkeur gegee aan plekke
wat met die geologiese konteks van hul moederland ooreengestem het, omdat hulle die bekende
beginsels van dorpsbeplanning en waterbestuur by hierdie toestande kon aanpas. Hierdie artikel stel
voor dat toe die Romeine hierdie nedersettings beset het, hulle gereeld op die ruïnes van vroeëre
Griekse nedersettings gebou het en dat dit ook by die Griekse en Romeinse nedersettings in wat
vandag Provence-Alpes-Côte d’Azur is, waargeneem kan word. Toe Romeinse gesag verkrummel
het (476 nC) en die area deur Barbare ingeval is, het slegs die meer massiewe Romeinse monumente
die vernietiging weerstaan en Provensale argitektuur is ontwerp om aanvalle af te weer. Die artikel
ondersoek verder hoe sommige dorpe en strukture op die ruïnes van Romeinse vestings gebou is en
hoe ander se posisie deur die geologie bepaal is. Dit dra by tot die bestaande liggaam van kennis oor
Romeinse ruïnes in Provence deur geologie en ruïne as nedersettingsgenereerders voor te stel.