This article is introduced with a statement about the author’s involvement with El Greco studies and
her attempts to understand the manifestation of mysticism in his art. The research focusses on the
visual experience of two different kinds of beholders in El Greco’s oeuvre: the virtual backturned
figures in paintings beholding a vision as part of the representations, and the beholders in real space
viewing the complete paintings. The presentation in each of the seven works discussed is mediated
by an internal backturned beholder, forming a nodal figure in the composition, who views a mystical
vision as the main theme presented in the painting, while the beholder in real space views the
beholding backturned figure, his vision and the total composition.
Hierdie artikel word ingelei deur ’n stelling oor die outeur se betrokkenheid by El Greco-studies
en haar pogings om die manifestasie van mistiek in sy kuns te deurgrond. Daar word gefokus op
die visuele ervaring van twee verskillende soorte betragters in El Greco se oeuvre: die virtuele
ruggekeerde figure in die skilderye wat ’n visioen as ’n deel van die voorstellings aanskou, en
die betragters in die werklike ruimte wat die volledige skilderye aanskou. In elkeen van die sewe
werke wat bespreek word, word die voorstelling deur ’n interne betragter, as ’n nodale figuur in die
komposisie, bemiddel in die vorm van ’n ruggekeerde figuur wat die mistiese visioen as die hooftema
in die skildery aanskou, terwyl die betragter in die werklike ruimte die betragtende ruggekeerde
figuur, sy visioen en die totale komposisie waarneem