Two important and original buildings in the respective oeuvres of the South African architects RS
Uytenbogaardt (1933-1998) and C Strauss Brink (1920-1992), viz. the Bonwit Clothing Factory (1967)
in Cape Town by the former, and the Peri Urban Areas Health Board Headquarters Building (1959) in
Pretoria by the latter, have been subjugated to conform with their surroundings. The article presents
these buildings as respective examples of two modern architectures, Brutalism and the International
Style. In symbolising the brutalisation of factory workers, essentialising the industrial aesthetic-astype,
introducing original forms, and using carefully considered materials, the Bonwit Factory is
positioned at the pinnacle of Uytenbogaardt’s architectural achievements. Strauss Brink’s carefully
considered combination of sparkling black banding, olive green, thin white stripes, decorative grille
blocks, and articulated façades made the Peri Urban building an original, striking, and aesthetically
pleasing building. The obliteration of one of South Africa’s most important Brutalist buildings as well
as one of its original International Style buildings is a loss to South Africa’s architectural heritage.
Twee belangrike en oorspronklike geboue uit die onderskeidelike oeuvres van twee Suid-Afrikaanse
argitekte, RS Uytenboogaardt (1933-1998) en C Strauss Brink (1920-1992), eersgenoemde se Bonwit
Klerefabriek (1967) in Kaapstad en laasgenoemde se Hoofkantoor van Buitestedelike Gebiede in die
middestad van Pretoria, is in die vroeg een-en-twintigste eeu onderwerp aan gedwonge aanpassing
by hul veranderende omgewings. Hierdie artikel belig die geboue as voorbeelde van twee bewegings
in moderne argitektuur: Brutalisme en die Internasionale Styl. In die oeuvre van Uytenboogaardt
word die Bonwit Klerefabriek vooropgestel as ‘n hoogtepunt van sy argitektoniese bereiking. Die
gebou simboliseer die ontmensliking van fabriekswerkers, die uitkristalisering van die tipologie van
industriele estetika tot die essensie daarvan, die aanwending van oorspronklike vorms en die gebruik
van sorgvuldig gekose materiale. Insgelyks dra Strauss Brink se sorvuldig gekose kombinasie van
glimmende swart stroke, olyfgroen, dun wit strepe, dekoratiewe roosterblokke, en geartikuleerde
fasades by tot die oorspronklike en estetiese bevredigende karakter van die Buitestedelike Gebiedegebou.
Die uitwissing van Suid-Afrika se mees belangrike Brutalistiese gebou en een van sy mees
bevredigende Internasionale Styl geboue as gevolg van onsimpatieke en onherstelbare veranderinge
en verbouings in diens van gebruiksaanpassings, verteenwoordig ‘n verlies van Suid Afrika se
argitektoniese erfenis.