Mainstream understanding of how the urban form of South African cities developed over the past
century and a half is often traced back to the colonial town plan. Writers argue that the gridiron and
axial arrangement were the most important ordering devices. For example, in Bloemfontein—one of
the smaller colonial capitals in South Africa— it has been suggested that the axial arrangement became
an important device to anchor “the generalist structure of the gridiron within the landscape to create
a specific sense of place”. Over the years, the intentional positioning of institutions contributed to a
coherent legibility of the city structure in support of British, Dutch, and later apartheid government
socio-political goals. During these eras, it was the colonial conceptions of space that influenced
the morphological evolution of the city. This paper suggests that an alternative process guided the
expansion of Bloemfontein. Drawing on the theory of natural movement, I suggest that Bloemfontein
grew mainly as a result of its spatial configurational properties. Using longitudinal spatial mapping
of the city from 1846 - 1946, empirical data from a Space Syntax analysis will be used to construct
an argument for the primacy of space as a robust generator of development. The paper offers an
alternative interpretation of the interaction between urban morphology and the process of placemaking
in a South African city.
Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse stad oor die afgelope eeu en ‘n half word verstaan vanuit
die oogpunt van die generiese koloniale stadsplan. Skrywers het reeds die belangrikheid van die
roosterpatroon en die aksiale planuitleg oortuigend beklemtoon. Bloemfontein, een van die kleiner
koloniale hoofstede in Suid-Afrika, word beskryf in terme van hoe die assestelsel die stad anker, deur
middel van “. . .the generalist structure of the gridiron within the landscape . . .” en hoe dit verder
‘n sin van plek tot gevolg het. Oor die jare het die strategiese plasing van institutionele geboue ‘n
bydrae gelewer tot die samehang en leesbaarheid van die stadstruktuur, wat verder ook die Britse-,
Nederlandse-, en later apartheidsosiaal-politieke doelwitte ondersteun het. Gedurende hierdie eras
is die morfologiese evolusie van die stad sterk beїnvloed deur die koloniale begrip van ruimte.
Hierdie artikel beskryf ‘n alternatiewe proses wat aanleiding gegee het tot die uitbreiding van die
stad, Bloemfontein. Deur gebruik te maak van die teorie van natuurlike beweging, stel ek voor dat
die stedelike groei hoofsaaklik plaasvind het as gevolg van die eienskappe van ruimtelike ordening.
Die argument is geformuleer in terme van ruimte as ‘n primêre generator vir stedelike ontwikkeling
deur gebruik te maak van historiese stadskaarte vanaf 1846 – 1946 wat geanaliseer is deur middel
van “Space Syntax” tegnieke. Die argument in die artikel bied ‘n alternatiewe blik op hoe ons die
interaksie tussen stedelike morfologie en die maak van plek in terme van die Suid-Afrikaanse stad
verstaan.