Picasso created a series of forty-four paintings based on "Las Meninas" by Velazquez. In these works he embarked on a Journey of exploration with regard to form, iconography and iconology. This article researches the background of and motivation for the series, as well as the expressivity reached in his different variations and the implications for his oeuvre.
Picasso het 'n reeks van vier-en-veertig skilderye gemaak wat gegrond is op Velazquez se "Las Meninas". In hierdie werke het hy as 't ware 'n 'ontdekkingsreis' onderneem wat vorm, ikonografie en ikonologie betref. Hierdie artikel ondersoek die agtergrond en motivering hiervoor, asook die ekspressiwiteit wat Picasso in sy verskillende variasies bereik en die implikasies daarvan vir sy oeuvre.