Internationally, governments and lobby groups increasingly put pressure on organisations to
reduce their impact on the environment. To this end, various studies show the drivers,
barriers, and contributions of energy efficiency towards a more sustainable environment,
particularly through reduced greenhouse gas emissions and other by-products. In the study
summarised in this paper, the factors that drive organisational success were compared with
the effects that energy efficiency projects have on organisations. Methods, policies, and
strategies on the application of energy efficiency were also studied. The findings are that,
in general, most organisations have energy efficiency policies and strategies in place, and
they include internal and external stakeholders in their energy efficiency efforts. These
efforts also show a positive correlation with the factors that contribute to the perceived
success of organisations in the South African industrial sector. These strategies must be
maintained in the longer term, as energy efficiency will play a more important role in the
future.
Organisasies, wêreldwyd, word toenemend onder druk geplaas deur regerings- en aksiegroepe
om hul impak op die omgewing te verminder. Na aanleiding hiervan toon verskeie
studies die drywers, struikelblokke en bydraes van energie-doeltreffendheid na ʼn meer
volhoubare omgewing, veral ten opsigte van groenhuisgas-emissies en ander neweprodukte.
In hierdie studie is die faktore wat die sukses van organisasies dryf vergelyk met die effek
van die toepassing van energiedoeltreffendheidsprojekte op organisasies. Metodes, beleid
en strategieë in terme van die toepassing van energiedoeltreffendheid is ook bestudeer. Die
bevindinge is dat die meeste organisasies, oor die algemeen, beleid en strategieë in plek
het in terme van energiedoeltreffendheid; dié organisasies sluit interne en eksterne belanghebbendes
in waar hulle strewe na energiedoeltreffendheid. Hierdie aktiwiteite toon ʼn
positiewe korrelasie met die faktore wat waarde bydra ten opsigte van die oënskynlike
sukses van organisasies in die Suid-Afrikaanse industriële sektor. Dus moet hierdie
strategieë in plek gehou word in die langtermyn, aangesien energiedoeltreffendheid ʼn
belangriker rol sal speel in die toekoms.