’n Taaluiting in versvorm bestaan uit linguistiese en metriese eenhede. Die versgeheel bestaan uit minstens
’n sin en ’n vers en twee segmente. Die beginsels wat versvorm onderlê, is verdeling en ekwivalensie.
Die geheel word deur (a) ’n woordgrens deur rym (in Afrikaans en Engels) en ’n woord (in Sepedi)
gemarkeer, of (b) ’n woordgroepgrens in twee segmente verdeel. Ekwivalensie word bewerkstellig deur
rym, aksent-/kwantitatiewe ritme, woord- of woordgroepherhaling, die herhaling van ’n gelyke getal
lettergrepe of woorde, of die ordening van betekeniseenhede (maar slegs waar ’n sintaktiese snit as
verdeler optree). Die Sepedivers is ’n woordgroepvers, en dit beteken dat:
(a) die segmente deur ’n sintaktiese snit verdeel word, en
(b) ekwivalensie deur (i) die ordening van betekeniseenhede, (ii) die herhaling van ’n woord of ’n
woordgroep en (iii) die herhaling van ’n gelyke getal kwantitatiewe lettergreepkruine bepaal
word.
Any metrical utterance has constituents founded in language and in metrics. The totality cannot
consist metrically of less than a verse and two segments, and linguistically of less than a sentence. The
principles governing metrical structure are that of partition and symmetry. The totality is thus divided
into segments by (a) a word boundary marked by rhyme (in Afrikaans and English) or the repetition of a
word (in Sepedi), or (b) a phrase boundary. Symmetry is realized by rhyme, quantitative/stress rhythm,
an arrangement of units of meaning (only where the segments are divided by a phrase boundary), the
repetition of (i) the same number of syllables and (ii) the same number of words. The Sepedi verse is a
phrase verse, and that means that:
(a) the segments are divided by a phrase boundary;
(b) equivalence or symmetry is realized by (i) the repetition of a word or a phrase, (ii) an arrangement
of units of meaning and (iii) quantitative rhythm.