The article identifies salient features of Van de Ruit’s novels
“Spud: a wickedly funny novel” (2005) and “Spud – the madness
continues” (2007) and compares them with the corresponding
motifs commonly found in historical British boys’
school stories, tracing shifts in discourse to establish the novels’
construction of a South African boyhood. The article argues that
through his conscious subversion of the imperial model’s defining
discourses, Van de Ruit’s fictional representation of
Spud’s school experience portrays the previously accepted
“ideal” construction of boyhood, with its unmistakably defined
principles and uncontested ethical code, as fundamentally
challenged by the variety of alternative discourses to which the
modern protagonist is exposed. The resultant construction of
Spud’s South African boyhood is, therefore, characterised by
the protagonist’s constant struggle to assimilate the frequently
incongruous and bewildering discourses (about moral courage
and personal integrity, in particular) that compete for his attention.
The pivotal component of this particular construction of
boyhood may be argued not to be a strict adherence to a clearly
defined schoolboy ethic, but as a variable that is ultimately
dependent on the boy’s choices.
Hierdie artikel identifiseer sentrale eienskappe van Van de Ruit
se romans “Spud: a wickedly funny novel “(2005) en “Spud –
the madness continues” (2007) en vergelyk dit met die ooreenstemmende
motiewe wat algemeen in tradisionele Britse
skoolverhale oor seuns voorkom. Die artikel ondersoek ook diskoersverskuiwings
om die romans se konstruksie van Suid-
Afrikaanse seunsjare te bepaal. Die skrywer voer aan dat Van
de Ruit, deur middel van sy doelbewuste ondermyning van die
bepalende diskoerse van die imperiale model in sy fiktiewe uitbeelding
van Spud se skoolwedervarings, die voorheen aanvaarde,
“ideale” konstruksie van seunsjare (met sy onmiskenbaar
omskrewe beginsels en onbestrede etiese kode) uitbeeld
as iets wat fundamenteel bevraagteken word deur die verskeidenheid
alternatiewe diskoerse waaraan die hedendaagse
protagonis blootgestel word. Die gevolglike konstruksie van
Spud se Suid-Afrikaanse seunsjare word derhalwe gekenmerk
deur die protagonis se konstante worsteling met die assimilasie
van die dikwels lagwekkende diskoerse (oor morele moed en
persoonlike integriteit in die besonder) wat hom verwar terwyl
hulle meeding om sy aandag. Die slotsom is dat die spil van
hierdie spesifieke konstruksie van seunsjare nie soseer streng
gehoorsaamheid aan ’n duidelik omskrewe skoolseunetos is
nie, maar wel ’n veranderlike is wat uiteindelik van die keuses
wat die seun maak, afhang.