Geestesdeskundiges word op ´n gereelde basis gebruik om strafbare optrede
te rekonstrueer. Een van die groot struikelblokke wat geestesdeskundiges in
die gesig staar tydens die assesseringsfase hou verband met die geval waar
die beskuldigde beweer dat hy of sy aan geheueverlies ly, hetsy van ´n
tydelike- of permanente aard. Die bewering van amnesie, oftewel
geheueverlies, lewer ´n uitdaging vir sowel die forensiese geestesdeskundige
wat strewe daarna om sover moontlik aan juridiese standaarde te voldoen
ten aansien van die lewering van ´n opinie, as vir regsgeleerdes wat hul sake
tot die beste van hulle vermoë moet voordra. Een van die struikelblokke
tydens die assessering van amnesie hou verband met die beoordeling van die
waarheid of egtheid daarvan en dus om ware amnesie te onderskei van
gesimuleerde amnesie. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig rakende die aard van
amnesie, die belangrikste oorsake daarvan asook die juridiese benadering tot
amnesia, geskets teen die agtergrond van die wisselwerking tussen die reg en
die mediese wetenskappe by die beoodeling van amnesie.
Mental health professionals are frequently utilised within our criminal
justice system to reconstruct criminal behaviour. One of the major
obstacles facing such assessment process relates to the situation where
the evaluee claims total or partial memory loss (amnesia). The latter
presents a challenge to both forensic practitioners attempting to meet
specific legal standards, as well as legal practitioners striving towards the
effective presentation of their cases. The most difficult aspect pertaining
to the assessment of amnesia is ascertaining its authenticity and as such
distinguishing true amnesia from malingered or “feigned” amnesia. In
this article an overview will be provided as to the nature of amnesia, the
major sources of amnesia as well as the legal approach to amnesia
canvassed against the backdrop of the interplay between law and
medicine in the assessment of amnesia.