It is possible that artists, in the making of memorials and monuments, might aid in the process of national
healing after a traumatic national era or event. This, it is argued, is more likely to be achieved through
the ‘counter-monument’, where a process of anamnesis might occur because of viewer participation, encouraged
by certain kinds of contemporary approaches to memorials. Having established motivations for
such a process, this article then examines selected examples of post-war German art and post-apartheid
South African art, to show that visual representations might have a healing function. It concludes that
psychology can learn from art, which can activate the instinct of reflection and act as a psychic mover.
Die moontlikheid bestaan dat kunstenaars, deur die skepping van gedenktekens en monumente, ‘n wesenlike bydrae kan lewer ter heling van die nasie na die afloop van ‘n nasionale traumatiese voorval of era. Hierdie artikel stel voor dat die moontlikheid van sukses verbreed word deur die ‘teenmonument’, waar ‘n proses van anamnese dalk kan plaasvind as gevolg van deelname van die toeskouer, wat vergemaklik word deur sekere hedendaagse benaderings tot gedenktekens. Na bevestiging van die beredenering vir so ‘n proses, vervolgens ondersoek die skrywers geselekteerde voorbeelde van Duitse na-oorlogse kuns, sowel as Suid-Afrikaanse na-apartheid kuns om derhalwe te illustreer dat visuele voorstellings moontlik beskik oor helende funksies. Die sielkunde kan van die kunste leer, wat nabetragting kan aktiveer en sodoende die rol van die ‘psiegiese aanvoerder’ ['psigiese aanvoerder'] kan vervul.