This article demonstrates in a hermeneutical context how the interrelation between play, "mimesis" and fiction contribute to the interactive making and interpretation of visual art works. A theoretical model is employed in order to incorporate a holistic analysis pertaining to the operation of play in the visual arts and to illustrate how (i) artworks, (ii) artists, (iii) viewers, and (iv) worlds contribute interactively to a creative relation of play. In line with the expectation that the application of this model may add didactic value to higher education in the teaching of fine art students, some student works are analysed to illustrate applications of the model. This study found that the fictional worlds of art and play encompass the coexistence of the real and the possible as irreconcilable worlds. As a matrix for generating meaning, this structure of double meaning plays a fundamental role to expose expectations about the state of the everyday world for what it really is. This duality acts as a creative negation of assertions about the state of the everyday world. Theories of art as play assume that products of the imagination have a hypothetical status. Instead of that what ‘ought to be’, the meaning of artworks may imply that what ‘could have been’, namely a multitude of interpretations that may be imagined in order to put expectations about reality to the test. As an outcome of this ‘reality testing’ the passive role traditionally assigned to "mimesis" is transformed in a productive game of chance which elicits imaginative interpretations of the everyday world.
Hierdie artikel toon binne hermeneutiese verband hoe die onderlinge verband tussen spel, "mimesis" en fiksie bydrae tot die interaktiewe skepping en interpretasie van visuele kunswerke. ’n Teoretiese model word gebruik om ’n holistiese analise rakende spel in die visuele kuns te onderneem en om te illustreer hoe (i) kunswerke, (ii) kunstenaars, (iii) vertolkers, en (iv) wêrelde interaktief meewerk aan ’n kreatiewe spelverhouding. Ooreenkomstig met die verwagting dat hierdie model didaktiese waarde tot hoër onderwys kan toevoeg in die onderrig van beeldende kuns studente, word ’n aantal studentewerke ontleed om toepassings van die model te illustreer. Die studie het bevind dat die fiktiewe wêrelde van spel en kuns die samebestaan van die werklike en die moontlike as onvereenselwigbare wêrelde omvat. As medium vir die generering van betekenis speel hierdie struktuur van dubbele betekenis ’n wesenlike rol om verwagtinge aangaande die stand van die alledaagse wêreld te ontbloot vir wat dit werklik is. Hierdie dualiteit dien as kreatiewe negering van bewerings aangaande die alledaagse wêreld. In plaas van dit wat ‘behoort te wees’, kan die betekenis van kunswerke dit impliseer wat ‘sou kon wees’, naamlik ’n meersinnigheid van interpretasies wat bedink kan word om verwagtinge aangaande die realiteit uit te toets. As uitkoms van hierdie ‘realiteitstoetsing’ word die tradisionele passiewe rol van "mimesis" omskep in ’n produktiewe soort kansspel waarmee verbeeldingryke interpretasies van die werklikheid voortgebring word.