Professional women's evaluation of the quality of career wear

Show simple item record

dc.contributor.author Smith, Mariette
dc.contributor.author De Klerk, Helena Maria
dc.contributor.author Fletcher, Lizelle
dc.date.accessioned 2012-01-30T07:00:39Z
dc.date.available 2012-01-30T07:00:39Z
dc.date.issued 2011
dc.description.abstract Die aantal vroue wat die formele arbeidsmag betree, neem steeds toe oor die hele wêreld, nie net in die eerstewêreld-lande nie, maar ook in opkomende ekonomieë, waar meer en meer vroue kies om 'n professionele loopbaan te volg. Professionele vroue is gedefinieer as gegradueerde, professionele persone wat beskik oor ten minste 'n vierjaar-graad of die ekwivalent daarvan, en wat praktiseer in die gebied van hulle studieterrein. In 'n opkomende ekonomie soos Suid-Afrika sou hulle, volgens die lewenstandaarde-meting (LSM) in die hoër 7-10 groepe val, wat gesamentlik 67,5% van die totale inkomste in die land verdien en wat 21 % van die totale volwasse bevolking in die land uitmaak. Ongeveer 50% van die bevolking is vroulik. Aangesien professionele vroue 'n aansienlike bedrag geld kan bestee op klere, kwalifiseer hulle as 'n verbruikersmark wat in die meeste lande oorweeg moet word as 'n lewensvatbare teikensegment. Evaluering van kwaliteit vind plaas in twee fases tydens die verbruiker se besluitnemingsproses. Eerstens word die kwaliteit geëvalueer in die winkel tydens die besluitnemingstadium, en tweedens tydens die gebruik van die produk. Die gehalte-aanwysers wat professionele vroue gebruik tydens die twee fases is nie noodwendig dieselfde nie. In hierdie studie is 'n verkenning gedoen na die tasbare (funksionele, sensoriese) en nie-tasbare (emosionele, kognitiewe, belangrikheid van die self, belangrikheid van ander) gehalte-aanwysers wat professionele vroue gebruik om werksklere se kwaliteit te evalueer, soos wat dit beïnvloed word deur die intrinsieke en ekstrinsieke produk-kenmerke onderskeidelik. Elkeen van hierdie gehalte-aanwysers is gemeet volgens die belangrikheid daarvan vir die respondente tydens die besluitnemingstadium en tydens produkgebruik, en daarna vergelyk, aangesien die belangrikheid van gehalte-aanwysers kan verskil tussen die twee fases. Die respondente was voltyds-aangestelde professionele vroue in die regs-, finansiële, ingenieurs- en mediese bedrywe, aangesien hierdie vroue beskik oor die geskikte kwalifikasie en geregistreer moet wees by die toepaslike professionele liggaam. 'n Sneeubaltegniek is gebruik om deelnemers / respondente te wert vir beide die kwalitatiewe fase (fokusgroep), en vir die kwantitatiewe datainsamelingsfase (vraelys). Die fokusgroep is gebruik om insig te verkry in die presiese gehalte-aanwysers en spesifieke terminologie wat die teikenbevolking gebruik in die evaluering van die kwaliteit van werksklere tydens die aankoop-besluitnemingstadium en tydens die produkgebruik. Die vraelys is opgestel teen die teoretiese agtergrond en die inligting wat uit die fokusgroep verkry is. Data-insameling het tydens 2008 geskied. Deur die gebruik van T-toetse en die Pearson se korrelasiekoeffisient is daar bevind dat soortgelyke gehalte-aanwysers gebruik word deur respondente om werksklere se kwaliteit te evalueer tydens die besluitnemingsproses en tydens produkgebruik. Tasbare gehalte-aanwysers is gesien as beduidend belangriker vir respondente dan die nie-tasbare gehalte-aanwysers, tydens beide stadiums van gehalte-evaluering. Toepaslike en voldoende inligting ten opsigte van tasbare gehalte-aanwysers moet dus beskikbaar gestel word deur kleinhandelaars aan professionele vroue by die punt van die aankoop. Dit kan verbruikerstevredenheid verseker tydens die gebruik van die produk en terugkeerverkope vir die handelaar fasiliteer. af
dc.description.librarian nf2012 en
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.identifier.citation Smith, M, De Klerk, HM & Fletcher, L 2011, 'Professional women's evaluation of the quality of career wear', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol. 39, no. , pp. 33-46. en
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/17923
dc.language.iso English en
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.subject Professionele vroue af
dc.subject Professional women en
dc.subject Evaluering van werksklere se kwaliteit af
dc.subject Career wear en
dc.subject.lcsh Women professional employees -- Clothing en
dc.subject.lcsh Women's clothing -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Work clothes -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Women's clothing industry -- Quality control en
dc.title Professional women's evaluation of the quality of career wear en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record