This article deals with the three disciplines of architecture, sculptural art and music in relation to the cultural-historical presence of the medieval Romanesque churches in the Dordogne region in the south
west of France. It is pointed out that these buildings and their accompanying artworks resulted from a cultural transformation that changed every aspect of life, allowing us to redirect our attention from
these encompassing artistic monuments to the methods and mental processes as applied by the anonymous individuals who created them. The change in the value attributed to these Romanesque churches as cultural objects surviving in the twenty-first century, with differing sociological and spatial uses, is examined.
Romaanse kerke in die suid-weste van Frankryk en hulle verhouding tot argitektuur, kuns en musiek. Die artikel handel oor die drie dissiplines van argitektuur, beeldhoukuns en musiek, in verhouding tot die kultuur-historiese teenwoordigheid van die middeleeuse Romaanse kerke in die Dordogne-gebied in die suidweste van Frankryk. Daar word aangetoon dat hierdie geboue, en hulle meegaande kunswerke, die gevolg was van ’n kulturele transformasie wat elke aspek van die samelewing aangeraak het en ons toelaat om ons aandag te herlei vanaf hierdie allesomvattende kunsmonumente na die metodes en denkprosesse van die anonieme individue wat die skeppers daarvan was. Die veranderde waardes waarin hierdie Romaanse kerke met verskillende sosiologiese en ruimtelike gebruike in die een-en-twintigste eeu as kulturele aspekte bly voortbestaan, word ondersoek.