The Poetics of architecture addresses the “making of architecture” simultaneously as an act of physical construction and a mental act of construing. In the past it has been investigated as a scientific (rational) or artistic (intuitive) endeavor. This article functions as a collection of diverse opinions that aim to illustrate that the two viewpoints are not mutually exclusive, but form a discourse between thought and feeling. This approach aims at creating places with the potential for poetic density. The scientific reasoning is supplemented by the author’s reflections on the poetic possibilities within the bow as a simple scientific/artistic artifact. The bow offers a glimpse of how objects can embody our most emotive and scientific capabilities and sheds light on the potential held within architecture to act as a condensing agent in our “lived world”. Simultaneously the assertion dawns that the poetic potential of any building can ultimately only be unlocked by the experiences and individual appreciation of inhabitants. These experiences seem fleeting, but have a lasting quality. The poetic eludes definition in favor of continual aspiration towards it.
’n Soeke na die poёtiese in argitektuur. Die Poёtiese in argitektuur spreek die “maak van argitektuur” aan as beide ’n fisiese daad van konstruksie én ’n daad van verstandelike konstruering. In die verlede is dit ondersoek as ’n wetenskaplike (rasionele) of ’n kunssinnige (intuitiewe) onderneming. Hierdie artikel funksioneer as ’n versameling van diverse opinies wat poog om te illustreer dat die twee benaderings nie eksklusief teenoor mekaar staan nie, maar gesien moet word as ’n diskoers tussen gedagtes en gevoelens. Hierdie benadering mik na plekke met die potensiaal vir poetiese digtheid. Die wetenskaplike beredenering word toegelig deur die outeur se oordenkings oor die poёtiese moontlikhede wat opgesluit lê binne die boog as ’n eenvoudige wetenskaplike/kunssinnige artefak. Die boog illustreer hoe objekte ons emosionele en wetenskaplike bekwaamhede kan beliggaam en werp lig op die potensiaal van argitektuur om as kondenserende agent binne ons “geleefde wêreld” op te tree. Tegelykertyd ontstaan die idee dat die poёtiese potensiaal van enige gebou slegs ontsluit kan word deur die ervarings en persoonlike waardering van bewoners. Hierdie ervarings is oёnskynlik kortstondig, maar het ’n blywende kwaliteit. Die poёtiese ontwyk omskrywing ten gunste van voortdurende soeke.