This article is a continuation of my exploration of photography with reference to the dialectics of historicity and expectation, archive and performance, absence and presence, theatricality and antitheatricality, visibility and invisibility — what reveals and conceals itself. Here the focus will mainly be Pieter Hugo’s recent “postcolonial” exhibition of photographs "Messina / Musina" (2007), which are interpreted according to recent theories of photography, including Michael Fried’s (2008) compelling discussion of photography according to the tradition of antitheatrical critical thought and practice.
Wat buite sig en on-voorsienbaar is: Pieter Hugo se gefiltreerde beelde. Die artikel is ’n voortsetting van my verkenning van fotografie met verwysing na die dialektiek van historisiteit en verwagting, argief en vertoning, afwesigheid en aanwesigheid, teatraliteit en antiteatraliteit, sigbaarheid en onsigbaarheid – wat sigself onthul en verbloem. Die fokus is op Pieter Hugo se onlangse “postkoloniale” uitstalling van foto’s, "Messina / Mesina" ["Messina/Musina"] (2007), wat geïnterpreteer [word] deur resente teorieë van fotografie, ingeslote Michael Fried (2008) se boeiende bespreking oor fotografie volgens die tradisie van antiteatrale kritiese denke en praktyk.