Die noue skakeling wat argitektuur met die mens se leefwereld het, lei tot 'n bepaalde ervaring van 'n gebou of gebouekompleks. 'n Bepaalde 'genius loci', wat uit die sintese van die natuurlike en beboude omgewing ontstaan, kan dus uit so 'n gebou of gebouekompleks afgelei word. Aan die hand van verskeie formele elemente, wat bewustelik of onbewustelik deur die mens in 'n omgewing ingevoer word, word die 'gees van die plek' ondersoek. 'n Zulu militere woonkompleks van die vroee 19de eeu, naamlik Mgungundlovu, die hoof militere setel van die destydse Zulu-koning Dingane, waar belangrike historiese gebeure in beide die lewens van die Zulu en Afrikaner plaasgevind het, word aan die hand van sekere geidentifiseerde elemente ondersoek. In die historiese literatuur het die sendelinge, handelaars en Voortrekkers (o.a. Piet Retief) waardevolle inligting in verband met die uitleg en aktiwiteite van die inwoners nagelaat. Onlangse argeologiese opgrawings het grootliks bygedra tot die opheldering van hierdie bronne en ook met nuwe feite vorendag gekom.
Mgungundlovo was the military capital of Dingane, king of the Zulu between 1829 and 1838. Comtemporary visitors (traders, missionaries and Voortrekkers) to the complex left much information about the layout of the complex and activities of the inhabitants. Archaeological research however contributed largely to the illucidation of these historical sources and revealed some new facts. Architecture, which has a close link with the total living and natural environment, leads to a specific experience of a building or building complex. The 'genius loci' of Mgungundlovu is being interpreted according to certain Western identified formal elements.