"The Golden Cabinet Of The Noble And Liberal Art Of Painting" was written in Flemish shortly before 1661 by the Antwerp rederijker, Cornelius de Bie. In this article it is discussed for the first time in the context of its position in the
history of Netherlandish art theory. The tract follows more or less traditional lines concerning theory about Imitation and Art Education as well as in the application of art theoretical jargon in assessing paintings. It contributes, however, in its extension of the notion of "ut pictura poesis" to the art of architecture. Its greatest contribution is made in its recognition and upgrading of various genres of painting previously regarded as inferior.
"Die Gulden Cabinet Vande Edele Vrij Schilderconst" is kort voor 1661 geskryf deur die Antwerpse rederijker, Cornelius de Bie. In hierdie artikel word dit vir die eerste keer bespreek in die konteks van die Nederlandse kunsteorie. Die teorie oor Imitasie en Kunsopleiding, en die toepassing van aanvaarde kunsteoretiese terme in die evaluering van skilderye volg die tradisionele argumente na. Die boek lewer 'n bydrae deur die uitbreiding van die gedagte van "ut pictura poesis" tot die
argitektuur. Die grootste bydrae word gelewer deur die erkenning en verheffing van verskeie skildergenres wat voorheen beskou is as van 'n laer rang.