Hierdie tema behels die verkenning van die begrippe gesondheid, siekte en insig asook die assosiasie tussen hierdie begrippe. Die benadering is empiries-filosofies (dit wil se sentraal, eenvoudig en klinies-toepaslik).
Hierdie studie wil die verskeidenheid beskouings van gesondheid en siekte uitlig asook die gebrek aan 'n universele beskouing sonder om enige beskouing se geldigheid in twyfel te trek. Die waarde van 'n konseptuele en heuristiese eksplorasie van hierdie begrippe Ie in die diagnostiese, terapeutiese en prognostiese gevolgtrekkings wat op grond van die pasiiint se insig en
realiteitstoetsing gemaak word.1 'n Poging om by wyse van 'n hipotese 'n oplossing vir ondergenoemde probleem daar te stel, word aangebied.
The concepts health, disease and insight are explored by way of a literature study and are creatively redescribed within certain philosophical frameworks.
Factors influencing the formulation of these concepts like values, culture, definability, relativity, changeableness, clinical usefulness, objectivity, and reality are considered. A hypothesis is presented that describes these concepts as existential expectations. The qualities of these expectations are conceptualised and clinically applied.