As standpunt word gestel dat die Westerse mens dwarsdeur sy geskiedenis heen, tot en met die agtiende eeu, heilige plekke gebou het waarin hy sy idee van 'n god by wyse van geometriese vorms simbolies vergestalt het. Aan die hand van 'n oorsig van historiese voorbeelde van die Westerse religieuse boukuns word die verbeeldingryke ontplooiing van heilige geometriese simboliek toegelig. Ten slotte word 'n verklaring aangebied vir die verskynsel dat moderne kerkbou in die reel 'n breuk met die tradisie van geometries-simboliese vormgewing verteenwoordig.
The thesis is proposed that throughout history, until the eighteenth century, Western man built sacred places in which he symbolised his idea of a god by using geometrical forms. The imaginative development of sacred geometrical symbolism is explicated by means of a survey of historical examples of Western religious architecture. In conclusion, an explanation is offered for the phenomenon that, as a general rule, modern church architecture represents a break with the traditional application of symbolic geometrical forms.