Abstract:
Verskeie faktore speel 'n rol in die besluit van geneeshere om in psigiatrie te spesialiseer. Die tydstip wanneer besluit word om in psigiatrie te spesialiseer en faktore wat 'n beduidende invloed op hierdie spesialiteitskeuse het, is in verskeie studies buite Suid-Afrika identifiseer.Geen literatuur hieroor kon binne die Suid-Afrikaanse konteks gevind word nie. Hierdie studie poog om faktore wat psigiatrie as spesialiteitskeuse beinvloed, die mate van hierdie invloed en die tydstip van die keuse binne 'n beperkte SuidAfrikaanse populasie te ondersoek.