This article deals with Luther and Calvin's efforts to preserve and promote church unity. Attention is given to their role as leaders of the reformational movement who self-evidently had to unite people from different countries. Special attention is given to Calvin's ecumenical activities. Information is given about his letters, pastoral advice and mediation efforts. Short notes are also provided on their dogmatic explications for the unity of the church.
Hierdie artikel handel oor die pogings van Luther en Calvyn om kerkeenheid te bevorder. Aandag word gegee aan hulle rol as leiers van die reformatoriese beweging wat vanselfsprekend mense uit verskillende lande moes verenig. Spesiale aandag word aan Calvyn se ekumeniese aktiwiteite gegee. Inligting word gegee oor sy briewe, pastorale adviese en bemiddelingspogings. Kort notas word ook verskaf oor hulle dogmatiese besinnings oor die eenheid van die kerk.